Summary: | Text in Afrikaans === Hierdie studie handel oor die implementering van groepsterapie met adolessente koshuisdogters, waarvan die ouers geskei is. Die navorser het bevind dat die meeste koshuisdogters se probleme nie in een dag per week, deur 'n diensdoenende onderwyser in die koshuis aangespreek kan word nie. Hierdie bevinding het die vraag laat ontstaan of groepsterapie in die koshuis geimplementeer kan word. Daar was nie voldoende literatuur in sake groepsterapie by normale kinders nie en daarom is 'n loodsstudie van stapel gestuur. Die doelstelling van die studie is om groepsterapie te implementeer by adolessente koshuisdogters. Daar was baie koshuisdogters, waarvan die ouers geskei is, en daarom is die steekproef verder verfyn. 'n Praktiese handleiding, insluitende werkkaarte, is saamgestel sodat groepsterapie vir enige Opvoedkundige Sielkundige toeganklik kan wees.
Die groepsterapie is prakties geimplementeer. Die navorsing bevestig dat groepsterapie met adolessente koshuisdogters, waarvan die ouers geskei is, geimplementeer kan word. === This study deals with the implementation of group therapy with adolescent girls in hostels, whose parents are divorced. The researcher came to the conclusion that teachers, who do duty in the hostel, once a week, cannot give enough attention to those girls who have problems. This conclusion raised the question of whether it would be feasible to implement group therapy in the hostel. There was insufficient literature, concerning group therapy with normal children, and therefore the researcher initiated a pilot study. The aim of the study was to implement group therapy with adolescent girls in the hostel. There were many girls in the hostel whose parents were divorced and so the sample was further curtailed. A practical manual including worksheets were compiled to be easily accessible to any Educational Psychologist doing group therapy. The group therapy was practically implemented and confirmed that group therapy can be implemented. === Psychology of Education === M. Ed. (Sielkundige Opvoedkunde (Voorligting))
|