’n Ondersoek na metakognisie in wiskunde - leer in die senior fase

Suid-Afrikaanse leerders se ontoereikende wiskundeprestasie wek kommer. Dit is by uitstek die geval aangesien wiskunde in die postmoderne, tegnologies-gesofistikeerde era as ’n onontbeerlike lewensvaardigheid beskou word. Die konsep “metakognisie” is direk en indirek terug te vind in die Kritiek...

Full description

Bibliographic Details
Main Authors: M. G. van der Walt, J. G. Maree, S. M. Ellis
Format: Article
Language:Afrikaans
Published: South African Journal of Science and Technology 2006-09-01
Series:South African Journal of Science and Technology
Online Access:http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/159
Description
Summary:Suid-Afrikaanse leerders se ontoereikende wiskundeprestasie wek kommer. Dit is by uitstek die geval aangesien wiskunde in die postmoderne, tegnologies-gesofistikeerde era as ’n onontbeerlike lewensvaardigheid beskou word. Die konsep “metakognisie” is direk en indirek terug te vind in die Kritieke Uitkomste in Kurrikulum 2005  í die meeste van die bepaalde uitkomste impliseer immers dat leerders begelei behoort te word om oor hul eie denke na te dink. Die primêre doel van hierdie studie was om die stand van metakognisie in wiskundeleer te ondersoek. Sowel kwantitatiewe as kwalitatiewe navorsingsmetodes is gevolg. Daar is bevind dat die metakognitiewe strategieë rakende voorspelling, evaluering, monitering en refleksie van die leerders in die ondersoekgroep moontlik ontoereikend is.
ISSN:0254-3486
2222-4173