Kleuterskoolonderwysers se menings oor die kwaliteit van kleuterassessering
The approaches to the assessment of toddlers vary internationally. Until recently, assessment practices received limited attention in South Africa. Through this exploratory study, I have attempted to establish what nursery school teachers consider as important for the assessment of toddlers in South...
Main Author: | |
---|---|
Other Authors: | |
Language: | en |
Published: |
2016
|
Subjects: | |
Online Access: | http://hdl.handle.net/2263/56935 le Roux, A 2016, Kleuterskoolonderwysers se menings oor die kwaliteit van kleuterassessering, MEd Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/56935> |
Summary: | The approaches to the assessment of toddlers vary internationally. Until recently,
assessment practices received limited attention in South Africa. Through this
exploratory study, I have attempted to establish what nursery school teachers
consider as important for the assessment of toddlers in South Africa.
A variety of test batteries is used internationally, as outlined, inter alia, by Slentz,
Early and McKenna (2008). Little information is available in South Africa, except for
general guidelines (Dreyer, 2014). Documents like: National Early Learning and
Development Standards for Children, Birth to Four Years (NELDS, 2009). the
South African National Curriculum Framework (NCF, 2015) and the Curriculum
Assessment Policy Statements (CAPS, 2011), contain valuable information on
assessment.
The objective of this study was to establish the views of nursery school teachers
regarding assessment. A mixed method was used in order to attempt to explain the
responses of the participants (Creswell & Clark, 2011). A questionnaire was
distributed, followed by semi-structured interviews. The results elicited extensive
opinions regarding assessment.
The conclusions point to a need for guidelines for assessment of toddlers that can
be used on a daily basis, factors that could influence assessment as well as the
influence of toddlers and teachers on the assessment process. Recommendations regarding further research are made for the establishment of
functional, high-quality assessment of toddlers younger than Grade R. The opinions
of teachers who are currently involved with assessing toddlers, together with current
literature references, have laid a solid base on which the contents of an assessment
model should rest. === Kleuterassessering word internasionaal op verskillende wyses toegepas. In Suid-
Afrika het hierdie gebruik tot onlangs min aandag geniet. Deur hierdie verkennende
studie het ek gepoog om uit te vind wat kleuterskoolonderwysers se menings oor
kleuterassessering is, hoe hulle kleuters assesseer, wat hulle belangrik ag tydens
die assessering van kleuters en watter behoeftes hulle ondervind ten opsigte van
die assessering van kleuters in Suid-Afrika.
? Verskeidenheid toetsbatterye word internasionaal gebruik, soos uiteengesit in
onder andere Slentz, Early en McKenna (2008). In Suid-Afrika is min inligting
beskikbaar, buiten algemene riglyne (Dreyer, 2014). Die Departement van Basiese
Onderwys het in 2009 die riglyne: Nasionale Standaarde vir Vroeë Leer en
Ontwikkeling vir kinders van geboorte tot vier jaar (NSVLO) uitgereik. In 2015 is die
NKR (Nasionale Kurrikulumraamwerk) uitgereik. Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidverklaring,
ook uitgereik deur die Departement van Basiese Onderwys, dek
die kurrikulum en assessering vir kleuters van skoolgaande ouderdom, sowel as die
jaar voor skool, ook genoem Graad R. Die bogenoemde dokumente bevat
waardevolle riglyne vir assessering.
Die doel van die studie was om te bepaal wat kleuterskoolonderwysers se menings
oor die kwaliteit van kleuterassessering is. Alhoewel die studie van beperkte
omvang is, mag die herhaling van hierdie studie in ander kontekste ? hoër
veralgemeningsyfer tot gevolg hê. Dit mag die betroubaarheid van die resultate
verhoog. Vir hierdie studie is ? gemengde navorsingsmetode gebruik, waar ? kwantitatiewe
benadering opgevolg is deur ? kwalitatiewe benadering in ? poging om die
deelnemers se menings te verklaar (Creswell & Clark, 2011). ? Kwantitatiewe
ondersoek is geloods deur ? vraelys tydens ? seminaar vir kleuterskoolonderwysers
te versprei. Daarna is semigestruktureerde onderhoude met onderwysers en
skoolhoofde van kleuterskole gevoer ten einde te probeer verstaan hoe
onderwysers die werking en nut van assessering beskou. Die resultate van die
onderhoude het uitgebreide menings voortspruitend uit die vraelys, sowel as ander
menings oor assessering, uitgelok.
Die bevindinge dui daarop dat daar ? behoefte aan betroubare assesseringsriglyne
vir kleuters bestaan wat prakties uitvoerbaar is. Die bevindinge verwys ook na
faktore wat assessering kan beïnvloed asook na die kleuter en onderwyser se
invloed op assessering.
Voorstelle vir moontlike verdere navorsing is gemaak vir die begronding van
funksionele, hoë kwaliteit assessering van kleuters jonger as dié in Graad R. Die
menings van onderwysers wat tans betrokke is by die assessering van kleuters,
tesame met bestaande verwysingsliteratuur, kan ? goeie basis vorm vir die inhoud
van ? assesseringsmodel. === Dissertation (MEd)--University of Pretoria, 2016. === tm2016 === Early Childhood Education === MEd === Unrestricted |
---|