Godsbeelde van klein kinders met 'n gebrekkige manlike rolmodel : 'n Geloofsontwikkelingsbenadering

Een van die mees belangrike geloofskonsepte wat by klein kinders ontwikkel, is hulle Godsbeeld. Die korrelasie tussen die beeld van hulle vader en hulle Godsbeeld is reeds in studies uitgewys (Rizzuto 1979:50, 52; kyk Day 1975:172, 173, 175). Die doel van hierdie studie is om die invloed wat die geb...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: McDonald, Melissa
Other Authors: Dreyer, Yolanda
Language:en
Published: University of Pretoria 2016
Subjects:
Online Access:http://hdl.handle.net/2263/53066
McDonald, M 2015, Godsbeelde van klein kinders met n gebrekkige manlike rolmodel: n Geloofsontwikkelingsbenadering, MA (Theol) Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/53066>
Description
Summary:Een van die mees belangrike geloofskonsepte wat by klein kinders ontwikkel, is hulle Godsbeeld. Die korrelasie tussen die beeld van hulle vader en hulle Godsbeeld is reeds in studies uitgewys (Rizzuto 1979:50, 52; kyk Day 1975:172, 173, 175). Die doel van hierdie studie is om die invloed wat die gebrekkig, onbeholpe of swakker vaderfiguur op die ontwikkeling van kinders se Godsbeeld het, te ondersoek. Die term vader verwys in hierdie studie na: biologiese vader, stiefvader, lewensmaat van die moeder, grootvader, of enige ander volwasse manlike persoon wat by die gesin inwoon. Vanuit n geloofontwikkeling benadering word kleiner kinders se Godsbeeld ondersoek. Die kinders wat aan hierdie studie deelneem se ouderdomme wissel tussen vyf en agt jaar. n Rolmodel oefen n spesifieke invloed op ander uit. Volwassenes se invloed is beduidend aangesien kinders volwasse gedrag naboots. Die voorbeeld wat deur die rolmodel gestel word, kan voor- of nadelig wees. n Gebrekkige rolmodel voed kinders op n gebrekkige manier op. Die kwaliteit van die opvoeding kan van mindere waarde wees en kan tot n agterstand in die kind se ontwikkeling lei. Die gedrag van sommige vaderfigure is gevaarlik en kan tot die nadeel van beide kinders se fisiese as emosionele welstand lei. Hierdie gedrag sluit dan ook misdade in. Kinders word holisties benader. Alhoewel voorsiening daarvoor gemaak word dat individuele kinders hulle eie gedrag bepaal, speel talle faktore n rol in hulle gedrag. n Holistiese benadering sluit ook n spirituele perspektief in, naamlik dat kinders as unieke skepsels van God gesien word. Om n meer breedvoerige prentjie van die kind te hê, word alle areas van ontwikkeling ondersoek en ingesluit. Volgens n holistiese benadering sal kinders word as meer as hulle fisiese karaktereienskappe benader word. Daar is n wisselwerking tussen kinders se fisiese en psigiese sye. Hulle ervaar hulle wêreld in totaliteit en reageer ook in totaliteit daarop. Die verskillende ontwikkelingsareas moet in berekening gebring word wanneer kinders se Godsbeeld ondersoek word. Geloof ontwikkel nie as n alleenstaande entiteit nie, maar vorm deel van kinders se morel-normatiewe ontwikkeling. === Dissertation (MA (Theol))--University of Pretoria, 2015. === tm2016 === Practical Theology === MA (Theol) === Unrestricted