Die psigo-sosiale behoeftes van 'n groep adolessente in 'n jeugsorgsentrum vir gedragsmoeilike jeug

Die meerderheid kinders wat op grond van bepalings van die Kinderwet (Children’s Act 38 of 2005) in kinder- en jeugsorgsentrums versorg word, is aan trauma blootgestel. Blootstelling aan trauma manifesteer dikwels as emosionele- en gedragsprobleme en stel groot uitdagings ten opsigte van die versor...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: Bosman, Yolandé
Other Authors: Le Roux, M.P. (Liana)
Language:af
Published: 2015
Subjects:
Online Access:http://hdl.handle.net/2263/50786
Bosman, Y 2015, Die psigo-sosiale behoeftes van 'n groep adolessente in 'n jeugsorgsentrum vir gedragsmoeilike jeug, MSW Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/50786>
id ndltd-netd.ac.za-oai-union.ndltd.org-up-oai-repository.up.ac.za-2263-50786
record_format oai_dc
collection NDLTD
language af
sources NDLTD
topic UCTD
spellingShingle UCTD
Bosman, Yolandé
Die psigo-sosiale behoeftes van 'n groep adolessente in 'n jeugsorgsentrum vir gedragsmoeilike jeug
description Die meerderheid kinders wat op grond van bepalings van die Kinderwet (Children’s Act 38 of 2005) in kinder- en jeugsorgsentrums versorg word, is aan trauma blootgestel. Blootstelling aan trauma manifesteer dikwels as emosionele- en gedragsprobleme en stel groot uitdagings ten opsigte van die versorging van getraumatiseerde kinders in die jeugsorgsentrum. Sommige kinders moet weens erge gedragsuitdagings in aparte versorgingseenhede vir gedragsmoeilike jeug versorg word. Dit blyk dat terapeutiese programme wat oor die algemeen positiewe resultate in die jeugsorgsentrum toon, nie effektief is ten opsigte van hierdie groep adolessente nie. Hierdie studie het ten doel gehad om die psigososiale behoeftes van ʼn groep adolessente in ʼn jeugsorgsentrum vir gedragsmoeilike jeug te verken, op grond waarvan daar oor intervensiestrategieë in hierdie versorgingsopset besin kon word. Gestaltteorie het die teoretiese raamwerk vir die studie gevorm. ʼn Kwalitatiewe navorsingsbenadering en toegepaste navorsing is in die studie benut. ʼn Steekproef van twaalf adolessente in ʼn jeugsorgsentrum vir gedragsmoeilike jeug is op grond van doelgerigte en gestratifiseerde steekproeftrekking geselekteer. Deur die benutting van die kollektiewe gevallestudie as navorsingsontwerp is data ingesamel deur middel van semi-gestruktureerde onderhoude met speltegnieke as gespreksmedium. Die navorsingsbevindinge het getoon dat die deelnemers voor hul opname in die jeugsorgsentrum aan traumatiese ervaringe blootgestel is en dat hulle met emosionele- en gedragsprobleme presenteer het. Die deelnemers het die jeugsorgsentrum as ʼn veilige omgewing beleef, wat in hul basiese behoeftes voorsien het. Hul verhouding met die kinderversorgers was grotendeels positief, maar verhoudings met ander adolessente in die opset en met hul biologiese ouers was meestal swak. Deelnemers se siening van hulself was dikwels negatief en hul skoolprestasies meestal swak. Hul isolasie in die versorgingsopset en skoolsisteem was oorwegend ʼn negatiewe ervaring. Die positiewe versorging deur die kinderversorgers, terapeutiese hulpverlening deur maatskaplike werkers en hul godsdiens is deur deelnemers as ʼn bron van steun beskou. Die navorser het tot die gevolgtrekking gekom dat die versorgingsopset en die kinderversorgers ʼn kritieke rol gespeel het in die algemene welstand van die deelnemers en ook dat die deelnemers se blootstelling aan trauma ʼn aanmerklike invloed op hul selfreguleringsvermoë kon hê. Daar word dus voorgestel dat ʼn positiewe versorgingsopset met intensiewe terapeutiese dienste en gepaste programme aangevul moet word. Die beplanning van intervensiestrategieë moet die kenmerke van die spesifieke versorgingsopset in aanmerking neem en kan onder meer fokus op die bemagtiging van kinderversorgers ten opsigte van die hantering van gedragsuitdagings, asook op maatreëls om die moontlike impak van die geïsoleerde versorgings- en skoolsisteem op die psigososiale ontwikkeling van die adolessent aan te spreek. Voortgesette navorsing kan meer lig werp op spesifieke aspekte van die holistiese versorging en dienslewering aan adolessente in die jeugsorgsentrum vir gedragsmoeilike jeug. === Dissertation (MSW)--University of Pretoria, 2015. === tm2015 === Social Work and Criminology === MSW === Unrestricted
author2 Le Roux, M.P. (Liana)
author_facet Le Roux, M.P. (Liana)
Bosman, Yolandé
author Bosman, Yolandé
author_sort Bosman, Yolandé
title Die psigo-sosiale behoeftes van 'n groep adolessente in 'n jeugsorgsentrum vir gedragsmoeilike jeug
title_short Die psigo-sosiale behoeftes van 'n groep adolessente in 'n jeugsorgsentrum vir gedragsmoeilike jeug
title_full Die psigo-sosiale behoeftes van 'n groep adolessente in 'n jeugsorgsentrum vir gedragsmoeilike jeug
title_fullStr Die psigo-sosiale behoeftes van 'n groep adolessente in 'n jeugsorgsentrum vir gedragsmoeilike jeug
title_full_unstemmed Die psigo-sosiale behoeftes van 'n groep adolessente in 'n jeugsorgsentrum vir gedragsmoeilike jeug
title_sort die psigo-sosiale behoeftes van 'n groep adolessente in 'n jeugsorgsentrum vir gedragsmoeilike jeug
publishDate 2015
url http://hdl.handle.net/2263/50786
Bosman, Y 2015, Die psigo-sosiale behoeftes van 'n groep adolessente in 'n jeugsorgsentrum vir gedragsmoeilike jeug, MSW Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/50786>
work_keys_str_mv AT bosmanyolande diepsigososialebehoeftesvanngroepadolessenteinnjeugsorgsentrumvirgedragsmoeilikejeug
_version_ 1718500333692387328
spelling ndltd-netd.ac.za-oai-union.ndltd.org-up-oai-repository.up.ac.za-2263-507862017-07-20T04:12:22Z Die psigo-sosiale behoeftes van 'n groep adolessente in 'n jeugsorgsentrum vir gedragsmoeilike jeug Bosman, Yolandé Le Roux, M.P. (Liana) yolande.therapy@gmail.com UCTD Die meerderheid kinders wat op grond van bepalings van die Kinderwet (Children’s Act 38 of 2005) in kinder- en jeugsorgsentrums versorg word, is aan trauma blootgestel. Blootstelling aan trauma manifesteer dikwels as emosionele- en gedragsprobleme en stel groot uitdagings ten opsigte van die versorging van getraumatiseerde kinders in die jeugsorgsentrum. Sommige kinders moet weens erge gedragsuitdagings in aparte versorgingseenhede vir gedragsmoeilike jeug versorg word. Dit blyk dat terapeutiese programme wat oor die algemeen positiewe resultate in die jeugsorgsentrum toon, nie effektief is ten opsigte van hierdie groep adolessente nie. Hierdie studie het ten doel gehad om die psigososiale behoeftes van ʼn groep adolessente in ʼn jeugsorgsentrum vir gedragsmoeilike jeug te verken, op grond waarvan daar oor intervensiestrategieë in hierdie versorgingsopset besin kon word. Gestaltteorie het die teoretiese raamwerk vir die studie gevorm. ʼn Kwalitatiewe navorsingsbenadering en toegepaste navorsing is in die studie benut. ʼn Steekproef van twaalf adolessente in ʼn jeugsorgsentrum vir gedragsmoeilike jeug is op grond van doelgerigte en gestratifiseerde steekproeftrekking geselekteer. Deur die benutting van die kollektiewe gevallestudie as navorsingsontwerp is data ingesamel deur middel van semi-gestruktureerde onderhoude met speltegnieke as gespreksmedium. Die navorsingsbevindinge het getoon dat die deelnemers voor hul opname in die jeugsorgsentrum aan traumatiese ervaringe blootgestel is en dat hulle met emosionele- en gedragsprobleme presenteer het. Die deelnemers het die jeugsorgsentrum as ʼn veilige omgewing beleef, wat in hul basiese behoeftes voorsien het. Hul verhouding met die kinderversorgers was grotendeels positief, maar verhoudings met ander adolessente in die opset en met hul biologiese ouers was meestal swak. Deelnemers se siening van hulself was dikwels negatief en hul skoolprestasies meestal swak. Hul isolasie in die versorgingsopset en skoolsisteem was oorwegend ʼn negatiewe ervaring. Die positiewe versorging deur die kinderversorgers, terapeutiese hulpverlening deur maatskaplike werkers en hul godsdiens is deur deelnemers as ʼn bron van steun beskou. Die navorser het tot die gevolgtrekking gekom dat die versorgingsopset en die kinderversorgers ʼn kritieke rol gespeel het in die algemene welstand van die deelnemers en ook dat die deelnemers se blootstelling aan trauma ʼn aanmerklike invloed op hul selfreguleringsvermoë kon hê. Daar word dus voorgestel dat ʼn positiewe versorgingsopset met intensiewe terapeutiese dienste en gepaste programme aangevul moet word. Die beplanning van intervensiestrategieë moet die kenmerke van die spesifieke versorgingsopset in aanmerking neem en kan onder meer fokus op die bemagtiging van kinderversorgers ten opsigte van die hantering van gedragsuitdagings, asook op maatreëls om die moontlike impak van die geïsoleerde versorgings- en skoolsisteem op die psigososiale ontwikkeling van die adolessent aan te spreek. Voortgesette navorsing kan meer lig werp op spesifieke aspekte van die holistiese versorging en dienslewering aan adolessente in die jeugsorgsentrum vir gedragsmoeilike jeug. Dissertation (MSW)--University of Pretoria, 2015. tm2015 Social Work and Criminology MSW Unrestricted 2015-11-25T09:53:34Z 2015-11-25T09:53:34Z 2015/09/01 2015 Dissertation http://hdl.handle.net/2263/50786 Bosman, Y 2015, Die psigo-sosiale behoeftes van 'n groep adolessente in 'n jeugsorgsentrum vir gedragsmoeilike jeug, MSW Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/50786> S2015 10365703 af © 2015 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.