Wat Emma weet (’n Roman) en ʼn Vergelykende studie van die tradisionele speurverhaal en die literêre speurverhaal met spesifieke verwysing na vier Afrikaanse speurverhale

Die term speurverhaal impliseer ’n spesifieke soort verhaal of genre, tradisioneel triviaalliteratuur of ontspanningslektuur, met spesifieke kodes en konvensies. Enige konvensies is egter aanpasbaar en die grense tussen hoë kuns en populêre kultuur is vloeibaar, sodat dit moontlik is dat daar wel ʼn...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: Volschenk, Berendina
Other Authors: Pieterse, Henning Jonathan, 1960-
Published: University of Pretoria 2013
Subjects:
Tyd
Online Access:http://hdl.handle.net/2263/30116
Volschenk, B 2010, Wat Emma weet (’n Roman) en ʼn Vergelykende studie van die tradisionele speurverhaal en die literêre speurverhaal met spesifieke verwysing na vier Afrikaanse speurverhale, MA mini-dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd < http://hdl.handle.net/2263/30116 >
http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-12052011-120359/
Description
Summary:Die term speurverhaal impliseer ’n spesifieke soort verhaal of genre, tradisioneel triviaalliteratuur of ontspanningslektuur, met spesifieke kodes en konvensies. Enige konvensies is egter aanpasbaar en die grense tussen hoë kuns en populêre kultuur is vloeibaar, sodat dit moontlik is dat daar wel ʼn vertakking of subgenre wat die literêre speurverhaal genoem kan word, kon ontwikkel het. Die doel van hierdie verhandeling is om die volgende navorsingsvrae te beantwoord: Is daar wel speurverhale wat as literêre speurverhale gekategoriseer kan word? Indien nie, waarom word die kodes van die speurverhaal as narratiewe strategie gekies vir sekere romans? Wat is die verskille en ooreenkomste tussen die tradisionele speurverhaal en die sogenaamde literêre speurverhaal? Die verskynsel word ondersoek word deur twee romans wat moontlik as literêre speurverhale geklassifiseer kan word, nl. Een vir Azazel (Leroux, 1984) en Die boek van toeval en toeverlaat (Winterbach, 2006), te vergelyk met twee tradisionele speurverhale, nl. Reuk van die dood (Mouton, 2008) en Plaasmoord (Brynard, 2009), aan die hand van sekere struktuurelemente, nl. spanningslyn, plot, intrige, karakterisering, verteller, vertellersperspektief, tyd, en ruimte. ENGLISH : The term detective story indicates a specific kind of story or genre, traditionally recreational and light reading, with specific codes and conventions. However, any set of conventions are pliable and the boundaries between recreational and high art are fluid and constantly shifting. It is therefore possible that a subgenre of the detective story that can be called the literary detective story could have developed. The goal of this dissertation is to answer the following research questions: Are there detective stories that can be categorised as literary detective stories? If not, why is the detective element chosen as a narrative strategy for some novels? What are the differences and similarities between the traditional detective story and the so called literary detective novel? === Dissertation (MA)--University of Pretoria, 2010. === Afrikaans === unrestricted