Title 'n Prakties-teologiese model vir die verhouding Ou Testament/Nuwe Testament (Afrikaans)
Afrikaans: Die Bybel bestaan vir alle Christene uit twee dele: Die Ou Testament en die Nuwe Testament, maar die verhouding tussen die twee dele skep 'n probleem vir die kommunikatiewe praxis van die Christelike geloof. Sommige sien die Nuwe Testament as 'n dokument aangaande en 'n get...
Main Author: | |
---|---|
Other Authors: | |
Published: |
2013
|
Subjects: | |
Online Access: | http://hdl.handle.net/2263/29450 Thirion, WG 1999, ’n Prakties-teologiese model vir die verhouding Ou Testament/Nuwe Testament, DD thesis, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd < http://hdl.handle.net/2263/29450 > http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-11132006-170246/ |
Summary: | Afrikaans: Die Bybel bestaan vir alle Christene uit twee dele: Die Ou Testament en die Nuwe Testament, maar die verhouding tussen die twee dele skep 'n probleem vir die kommunikatiewe praxis van die Christelike geloof. Sommige sien die Nuwe Testament as 'n dokument aangaande en 'n getuienis oor Jesus Christus - die Hoeksteen van die Christelike kerk, terwyl die Ou Testament pre-Christelik, Judees-Israelities van aard is en slegs die dade van God in die geskiedenis weergee. Diesulkes sien in die Ou Testament slegs 'n voorafskaduwing van die ware Bybelse boodskap wat deur Jesus Christus, die gekruisigde en opgestane Heer, geleef en geproklameer is. Aan die ander kant van die spektrum is daar diegene wat die Nuwe Testament weer slegs as 'n appendiks tot die werklike Bybel beskou. Wil ons werklik weet wie die God van die Bybel is, hoe Hy in die geskiedenis betrokke is en hoe ons as Christene behoort te lewe, dan moet die Ou Testament gelees word. Bo en behalwe hierdie twee ekstremistiese interpretasiemodelle van die verhouding Ou Testament/Nuwe Testament, bestaan daar nog vele andere ook soos die kategoriee van tipologie, belofte-en-vervulling en allegorie. Nog andere kies weer 'n bepaalde Mitte of tema soos die verbond, heils-geskiedenis of die ontwykende teenwoordigheid van God en poog daardeur om die Bybel as 'n geheel te sien. Sulke temas kan wel daartoe bydra dat Christene iets van die totale boodskap van die twee Testamente verstaan, maar geen enkele tema kan reg laat geskied aan die diversiteit van getuienis aangaande die ware en enigste God wat voortdurend nuut tot sy skepping spreek nie. 'n Ander aspek wat melding verdien, is die werklikheid dat niemand hierdie twee Testamente waarlik objektief benader nie. Onbewustelik lees elkeen dit met sy/haar eie voorveronderstellinge - die apriori van hul eie geloofstradisie. Daarom moet daar 'n hermeneuties-kommunikatiewe benadering vir Christene (wat maar geneig is om Christus in die teks van die Ou Testament op te spoor) ontwikkel word wat as 'n paradigma kan funksioneer waarbinne die boodskap en betekenis van die Ou Testament (sonder Christus onderliggend aan die teks) gestalte kan vind in praktykmodelle vir die kommunikatiewe praxis van die Christelike geloof. Wat hierdie ondersoek betref is daar maar slegs een benadering wat daartoe in staat is om beide Testamente as gelykwaardige gesaghebbende Woord van God te verstaan en dit is 'n teosentriese benadering op beide Testamente. Die benadering sal die kommunikatiewe praxis daartoe in staat stel om die Ou Testament toe te laat om sy eie boodskap te kommunikeer sonder om Christus op 'n gedwonge wyse in die teks in te lees in 'n poging om dit meer Christelik te maak. Ten einde só 'n teosentriese benadering ('n hermeneuties-teologiese teorie) tot beide Testamente te ontwikkel, het hierdie ondersoek die metodologie van 'n prakties-teologiese handelingsteorie (Heitink 1993) wat op drie basiese perspektiewe gebaseer is, verkies (hoofstuk 1): a) 'n Hermeneutiese perspektief (hoofstukke 2 en 3): Die ontwikkeling van 'n hermeneuties-teologiese teorie as 'n basisteorie vir die kommunikatiewe praxis ten einde die boodskap van die Ou Testament in die drie onderskeie handelingsvelde van die Praktiese Teologie, naamlik mens en religie, kerk en geloof en godsdiens en samelewing te kommunikeer (Heitink 1993:234). b) 'n Strategiese perspektief (hoofstuk 4): Die daarstelling van 'n verstelde praktykteorie met die oog op verandering in die hermeneutiese raamwerk vir die kommunikatiewe praxis van die bemiddeling van die boodskap van die Ou Testament gemodelleer op 'n teosentriese benadering vir die interpretasie van die verhouding Ou TestamentlNuwe Testament. c) 'n Empiriese perspektief (hoofstuk 5): Die skep van praktykmodelle met die Ou Testament as teks na aanleiding van hermeneuties-teologiese perspektiewe soos dit ontwikkel is in die hermeneutiese en strategiese teoriee van die studies. Die praktykmodelle wat op hierdie wyse geskep is, is daarop gerig om die boodskap van die Ou Testament in die drie onderskeie handelingsvelde van die Praktiese Teologie, mens en religie, kerk en geloof, godsdiens en samelewing te kommunikeer (Heitink 1993:234). Die studie se hipoteses wat ten slotte as bewese stellinge aanvaar is, lees só (hoofstuk 6): i) 'n Teosentriese benadering tot die verhouding Ou Testament/Nuwe Testament as "n prakties-teologiese model plaas die twee Testamente op gelyke vlak as die gesaghebbende Woord van God. ii) 'n Teosentriese benadering tot die. verhouding Ou Testament/Nuwe Testament as 'n prakties-teologiese model verhoed die praktyk van 'twee-preke-in-een-preek' in "n poging om die boodskap van die Ou Testament in die kommunikatiewe praxis van die drie onderskeie handelingsvelde van die Praktiese Teologie toepaslik te maak. iii) 'n Teosentriese benadering tot die verhouding Ou Testament/Nuwe Testament as 'n prakties-teologiese model is by uitstek daartoe in staat om die boodskap van die Ou Testament in die praxis van die geloofsgemeenskap en die moderne samelewing te kommunikeer sonder om Christus op "n gedwonge wyse in die Ou Testament in te lees. English: For all Christians the Bible consists of two parts: The Old and New Testament. The relationship, however, between these two parts is a hermeneutic¬ theological problem which confronts the communicative praxis of the Christian faith. Some regard the New Testament as testimony to Jesus Christ whilst the Old Testament is pre-Christian, Jewish-Israelite Scripture and only foreshadowing the real biblical message proclaimed and lived by Jesus Christ. Other see the New Testament only as an appendix to the real Bible - the Old Testament. Between these two extreme ways of interpreting the relationship, there are many other ways of doing it like the categories of typological, promise and fulfilment, allegorical and thematic interpretation. All such ways of interpretation can assist the Christian to understand something of the total message of the two Testaments, but no one can ensure that justices to be done to the diversity of testimonies regarding the one and only God. Another aspect which needs to be mentioned is the fact that nobody truly approaches the Testaments completely objectively. Unwittingly everyone reads it with his/her own presuppositions - the apriori of their own tradition of faith. Therefore it is necessary to develop a hermeneutic-theological theory for Christians which can serve as a paradigm within which the texts of the Old as well as that of the New Testament may regard as equal authoritative Word of God. As far as this study is concerned, there is but one approach only which can achieve this and that is a theocentric approach to both Testaments. In order to develop such a theocentric approach (a hermeneutic-theological theory) for both Testaments, this study prefers the methodology of a practical¬theological theory of praxis (Heitink 1993) which is based upon three basic perspectives (chapter 1): a) A hermeneutic perspective (chapters 2 and 3): The development of a hermeneutic-theological theory as meta theory for the communicative praxis in order to present the Old Testament in the three distinctive praxis of Practical Theology, namely human and religion, church and faith and evangelism and society (Heitink 1993:234). b) A strategical perspective (chapter 4): The presenting of a changed practical theory modelled on a theocentric approach for interpreting the relationship Old Testament/New Testament with a view to change the hermeneutic framework of the communicative praxis. c) An empirical perspective (chapter 5): The development of empirical models with the Old Testament as text according to the hermeneutic-theological perspectives as developed in the hermeneutic and strategical theories of this study. The empirical models are intended to communicate the message of the Old Testament in the three distinctive praxis of Practical Theology, namely human and religion, church and faith and evangelism and society (Heitink1993:234). The hypotheses of the study which were in the end considered as proved propositions read as follows (chapter 6): i) A theocentric approach to the relationship Old Testament/NewTestament as a practical-theological model is capable of treating both Testaments as equal authoritative Word of God. ii) A theocentric approach to the relationship Old Testament/NewTestament as a practical-theological model prevents the practice of "two-sermons-in-one -sermon" in an attempt to make the message of the Old Testament appropriate in the communicative praxis of the three distinctive praxis of Practical Theology. iii) A theocentric approach to the relationship Old Testament/New Testament as a practical-theological model is especially capable of communicating the message of the Old Testament in the communicative praxis of the Christian community and the modern society without reading by force Christ into the Old Testament. === Thesis (DD (Practical Theology))--University of Pretoria, 2007. === Practical Theology === unrestricted |
---|