’n Ouerbegeleidingsprogram vir ouers van ’n kleuter met gesiggestremdheid (Afrikaans)
AFRIKAANS: Gesinne wat met ’n kleuter met ’n gesiggestremdheid gekonfronteer word, het meervoudige behoeftes wat ’n holistiese benadering vereis ten einde hierdie komplekse probleem effektief aan te spreek. Geen navorsing is egter nog gedoen waar daar na die Suid-Afrikaanse ouer wat ’n kleuter met ’...
Main Author: | |
---|---|
Other Authors: | |
Published: |
2013
|
Subjects: | |
Online Access: | http://hdl.handle.net/2263/24733 Vivier, Y 2009, ’n Ouerbegeleidingsprogram vir ouers van ’n kleuter met gesiggestremdheid, DPhil thesis, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd < http://hdl.handle.net/2263/24733 > http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-05162010-002347/ |
Summary: | AFRIKAANS: Gesinne wat met ’n kleuter met ’n gesiggestremdheid gekonfronteer word, het meervoudige behoeftes wat ’n holistiese benadering vereis ten einde hierdie komplekse probleem effektief aan te spreek. Geen navorsing is egter nog gedoen waar daar na die Suid-Afrikaanse ouer wat ’n kleuter met ’n gesiggestremdheid het, se behoeftes gekyk is ten einde ’n gespesialiseerde, empiries gefundeerde ouerbegeleidingsprogram te ontwikkel nie. Hierdie studie het dus ten doel gehad om ’n begeleidingsprogram vir ouers van ’n kleuter met gesiggestremdheid te ontwikkel en die effektiwiteit daarvan te evalueer. Intervensienavorsing as toegepaste navorsing is hiervoor aangewend.<p[> ’n Tweefase-navorsingsbenadering is gebruik. Tydens fase een is van ’n kwalitatiewe benadering gebruik gemaak. Die volgende navorsingsvraag is tydens hierdie fase geformuleer: Watter behoeftes het die Suid-Afrikaanse ouer van ’n kleuter met gesiggestremdheid? : ’n Fokusgroepbespreking waar fokusgroepvrae benut is, is met 10 ouerpare deurloop ten einde die betekenis en interpretasie wat hulle aan hulle leefwêreld heg, te eksploreer. Hierdie data het, aanvullend tot die omvattende literatuurstudie wat onderneem is, inligting na vore gebring wat in die ouerbegeleidingsprogram gebruik is. Antwoorde op die navorsingsvraag kon dus gevind word. Die kwantitatiewe ontwerp wat tydens fase twee gevolg is, is die enkelstelselontwerp. Die volgende navorsingshipotese is tydens hierdie fase geformuleer: : Indien die ouers van ’n kleuter met gesiggestremdheid die ouerbegeleidingsprogram deurloop, sal hulle bemagtig word met kennis ten opsigte van hulle kind se spesifieke oogtoestand, die invloed daarvan op en hulle hantering van die betrokke kind, hulle huwelik en hulle gesin: . Die maatskaplikewerk-intervensieprogram wat ontwikkel is, bestaan uit ses groepwerksessies van ongeveer 60 minute elk wat met twee groepe van 10 ouers in totaal deurloop is. ’n Selfontwerpte vraelys is voor en na afloop van die program deur al 10 ouers voltooi. Hierdie meetinstrument het bostaande hipotese bevestig. Vergelykings is getref tussen die literatuur en die empiriese gegewens. Gevolgtrekkings en aanbevelings vir toekomstige navorsing is na aanleiding van die studie geformuleer. ENGLISH: Families that are confronted with a toddler with a visual impairment have multiple needs that require a holistic approach in order to address this complex problem effectively. However, no research has been done yet that looks at the needs of the South African parent with a toddler with a visual impairment in order to develop a specialized, empirically grounded parental guiding programme. This study thus aimed at developing a guiding programme for parents with a toddler with a visual impairment and evaluating its effectiveness. Interventional research as applied research was utilised for this purpose. A two-phase research approach was used. During phase one a qualitative approach was used. The following research question was formulated during this phase: What are the needs of the South African parent with a toddler with a visual impairment? A focus-group discussion where focus-group questions were used was held with 10 parents in order to explore the meaning and interpretation that they attach to their daily world. These data, in addition to the wide-ranging literature study that had been undertaken, brought information to the fore that was used in the parental guiding programme. Answers to the research question could thus be found. The quantitative design that was followed during phase two was the single-system design. The following research hypothesis was formulated during this phase: If the parents of a toddler with a visual impairment follow the parental guiding programme, they will be empowered with knowledge with regard to their child’s specific eye condition, its influence on and their management of the child concerned, their marriage and their family. The social-work interventional programme that was developed consists of six group-work sessions of approximately 60 minutes each that were held for two groups of 10 parents in total. A self-designed questionnaire was completed by these 10 parents before and after the programme. This measuring instrument confirmed the above-mentioned hypothesis. Comparisons were made between literature and the empirical data. Conclusions and recommendations for future research were formulated following on this study. === Thesis (DPhil)--University of Pretoria, 2010. === Social Work and Criminology === unrestricted |
---|