Aspekte van die Afrikaanse poësie van die tagtigerjare

Text in Afrikaans === Die Afrikaanse poesie van die tagtigerjare toon 'n ryke verskeidenheid deurdat ouer digters soos Eybers, Breytenbach, Cussons, Stockenstrom en Ernst van Heerden voortdig en 'n groot aantal nuwelinge na vore tree. Hoewel die groep digters die grense van "gener...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: Basson, Coenraad Hendrik
Other Authors: Snyman, N. J. (Nicolaas Johannes) -- 1934-
Format: Others
Language:af
Published: 2015
Subjects:
Online Access:http://hdl.handle.net/10500/18067
Description
Summary:Text in Afrikaans === Die Afrikaanse poesie van die tagtigerjare toon 'n ryke verskeidenheid deurdat ouer digters soos Eybers, Breytenbach, Cussons, Stockenstrom en Ernst van Heerden voortdig en 'n groot aantal nuwelinge na vore tree. Hoewel die groep digters die grense van "generasie" ver oorskry, blyk dit dat hulle 'n baie li tererbewuste groep kunstenaars is wie se poesie verskeie gemeenskaplike trekke openbaar. Uit die groot verskeidenheid blyk dat sekere temas, soos pyn, aftakeling, dood, liefde, godsdiens asook sosio-kulturele en politieke aktualiteite steeds as die gewildste onderwerpe figureer. 'n Deel van die studie word daaraan gewy om aan te toon hoe hierdie temas in die jonger Afrikaanse poesie vergestalting vind. 'n Terna wat 'n besliste vernuwende aspek in die Afrikaanse poesie bring, is die homoerotiek. Die groter openheid oor homoseksualiteit gee aanleiding tot eksplisiete homoerotiese verse, veral by Joan Hambidge en Johann de Lange. As gevolg van die terroristiese bedrywighede en militere optrede aan die landsgrense gedurende die sewentiger- en tagtigerjare beleef die Afrikaanse literatuur die opkoms van die sogenaamde grensliteratuur as 'n vernuwende aspek van die tema van oorlog en geweld wat van die vorige dekade af oorspoel. Verder word aandag gegee aan die verskynsel van inter(-)tekstualiteit, wat weens die omvang daarvan in die kreatiewe en beskouende literatuur, perspektiefverandering in die Afrikaanse poesie teweegbring. 'n Verdere vernuwende aspek wat aangetoon word, is die wegbeweeg van die beoef ening van die loss er, vryer versvorm van die sestiger- en vroee sewentigerjare na 'n strenger vormbeheer en - dissipline. Die skryf van 'n meer tradisionele tipe poesie word by verskeie digters aangetoon. Die bydrae van tydskrifte en tydskrifverse tot die Afrikaanse poesie word ondersoek. Saam met die verskyning van talle bundels populere poesie, waar die klem veral op die volkskwatryn, sonnet en limerick val, speel die tydskrifte 'n besondere rol om Afrikaanse poesie vir 'n breer leserspubliek toeganklik te maak. Daar word tot die gevolgt~ekking gekom dat die digters van die tagtigerjare die "demokratisering" van die Afrikaanse letterkunde veel verder gevoer het en dat die reikwydte van Afrikaans daardeur uitgebrei is === The rich diversity of Afrikaans poetry of the eighties is displayed by the fact that many of the older poets, such as Eybers, Breytenbach, Cussons, Stockenstrom and Ernst van Heerden, have continued writing poetry, while a large number of newcomers have appeared on the scene. Although these poets far exceed the "generation" boundaries, they are evidently a very literary-aware group of artists, whose work has a number of traits in common. Certain themes, such as pain, decadence, death, love and religion, as well as socio-cultural and political realities, remain popular topics. Part of this study is to show how these themes are expressed in contemporary Afrikaans poetry. A decidedly new aspect of Afrikaans poetry is homo-eroticism. The more open approach to homosexuality gives rise to explicit homo-erotic poems, especially those of Joan Hambidge and Johann de Lange. As a result of terrorist activities and military action on our borders during the seventies and eighties, Afrikaans literature saw the beginning of the so-called border literature as a renewal of the war and violence theme, a relic from the previous decade. Inter(-)textuality is explored, which, due to its influence on creative and reviewing literature, has brought about a change in the perspective of Afrikaans poetry. A further renewal highlighted, is the moving away from the unstructured and freer verse form of the sixties and early 4 seventies to a stricter, controlled and disciplined form. The more traditional type of poetry written by various poets is discussed. The contribution by periodicals and poems in periodicals to Afrikaans poetry is explored. Together with the numerous volumes of popular poetry published, emphasizing the national quatrain, sonnets and limericks, periodicals play an important role in making Afrikaans poetry more accessible to a broader reading public. The conclusion is reached that the poets of the eighties promoted the "democratization" of Afrikaans literature, thereby extending its influence === Afrikaans & Theory of Literature === D. Litt. et Phil. (Afrikaans)