Summary: | Text in Afrikaans === In die proefskrif word gepoog om die Namibies-Afrikaanse literatuur wat gepubliseer is
sedert die twintigerjare (met die verskyning van die eerste Afrikaanse gedigte in Afrikaanse
koerante) tot met die onafhanklikwording van die land in Maart 1990, bymekaar te bring, en
aan te toon hoe die land en al sy mense daarin na vore kom. Daar is hoofsaaklik
gekonsentreer op werke wat by gevestigde Suid-Afrikaanse uitgewerye verskyn het.
Altesaam 146 bundels prosa, 35 bundels poesie, twee dramas, en 46 gedigte wat in koerante
en tydskrifte verskyn het, geskryf deur 92 skrywers en uitgegee deur 26 uitgewerye-, word
in die proefskrif geidentifiseer en bespreek. Talle kenmerke van die land en sy mense vind
neerslag in bogenoemde werke. Die meeste werke speel in die noorde van die land en die
Namib-woestyn af, en die inheemse bevolkingsgroep wat die sterkste na vore kom, is die
Boesmans; klem word veral geplaas op hul gewoontes en gebruike. Die hoofkarakters in
die verhale is oorwegend plattelandse blanke boeremense. Die tipiese landsomstandighede
sedert die einde van die vorige eeu, toe bloedige stamgevegte in die land gewoed het, tot en
met die grensoorlog wat met onafhanklikwording beeindig is, word in die literatuur
gereflekteer. Wat die invloed van die land op die mens betref, is dit die ontbering en lyding,
maar veral die geestelike verryking wat die land die mens hied, wat na vore kom. In die
algemeen openbaar die skrywers 'n oorweldigende positiewe gesindheid teenoor die land en
sy mense, hoewel ander nuanserings van gesindheid ook voorkom === In this dissertation an attempt is made to bring together Namibian-Afrikaans literature
published since the twenties (when the first Afrikaans poems appeared in the Afrikaans
papers), until the independence of the country in March 1990, and to illustrate how the
country and its people come to the fore as revealed in the literature. Stress is given mainly
to works that were published by established South African publishers. A total of 146
anthologies of narrative prose, 35 anthologies of poetry, two dramatic works, and 46 poems
which appeared in papers and periodicals, written by 92 authors and published by 26
publishers, are identified and discussed. Hundreds of features of the country and its people
are revealed in the abovementioned literature. Most works take place in the northern regions
and the Namib desert and the indigenous people that predominate are the Bushmen; stress
is mainly laid on their customs and their habits. The main characters in the narratives are
to a large extent white rural people. The literature reflects the typical political circumstances
of the country since the end of the previous century when bloody tribal conflicts raged, until
the border war that ended with independence. As far as the influence of the country on the
people is concerned, it is mainly the hardships and suffering, but above all the spiritual
enrichment that the country offered that are ascertained. In general the authors reveal an
overwhelmingly positive attitude towards the country and its people === English Studies === D.Litt. et Phil. (Afrikaans)
|