Chroniese moegheidsindroom : 'n ekosistemiese perspektief
Hierdie studie is 'n kwalitatiewe ekosistemiese ondersoek van die fenomeen Chroniese Moegheidsindroom (CMS) . Die paradigmaverskuiwing vanaf die Cartesiaans-Newtoniaanse epistemologie na die kubernetiese epistemologie, het 'n aantal belangrike implikasies vir die bestudering en konseptuali...
Main Author: | |
---|---|
Other Authors: | |
Format: | Others |
Published: |
2015
|
Subjects: | |
Online Access: | Morgan, Leona (1996) Chroniese moegheidsindroom : 'n ekosistemiese perspektief, University of South Africa, Pretoria, <http://hdl.handle.net/10500/17513> http://hdl.handle.net/10500/17513 |
Summary: | Hierdie studie is 'n kwalitatiewe ekosistemiese ondersoek van die fenomeen Chroniese Moegheidsindroom (CMS) . Die paradigmaverskuiwing vanaf die Cartesiaans-Newtoniaanse epistemologie na die kubernetiese epistemologie, het 'n aantal belangrike implikasies vir die bestudering en konseptualisering van CMS, soos uiteengesit in hierdie studie.
'n Bespreking van die konseptualisering en behandeling van CMS
vanuit die tradisionele, reduksionistiese navorsing word verskaf.
Die aannames van twee-orde kubernetika en sosiale konstruksionisme,
is bespreek en toegepas op die beskrywing van twee sisteme waarin
CMS voorkom. Die navorsingsmetodologie van die studie is gegenereer
op grand van die genoemde teoretiese aannames. Die implikasies van die toepassing van die ekosistemiese epistemologie vir die konseptualisering van CMS word uitgewys. Die herkonseptualisering van CMS as 'n transisieproses word bespreek en riglyne vir verdere navorsing en psigoterapie word aangedui. Die huidige studie bied 'n beskrywing van die unieke betekenisse en oplossings wat gesinne genereer tydens die veranderings wat CMS vergesel. === The present study is a qualitative ecosystemic exploration of the phenomenon known as chronic fatigue syndrome (CFS). The paradigm shift from the Newtonian epistemology to the epistemology of cybernetics, has important implication for research and the conceptualisation of CFS, as indicated in the study. The traditional, reductionist conceptualisation of CFS in research and treatment methods, is discussed. The suppositions of second order cybernetics and social constructionism, are discussed and applied in the description of two systems where CFS occurs. The research methodology of the present study is generated from the theoretical suppositions.
Die implications of the use of the ecosystemic epistemology for
the conceptualisation of CFS are indicated. The re-conceptualisation
of CFS as a transition process is discussed and guidelines are
given for future research and psychotherapy. The present study is
a description of the unique meanings and solutions that the families generated during the changes that accompany CFS. === Psychology === M.A. (Kliniese Sielkunde) |
---|