Die beroepsmobiliteit van maatskaplike werkers in Suid-Afrika
Text in Afrikaans === In hierdie studie is gepoog om insig in die beroepsmobiliteit van maatskaplike werkers te verkry. Om dit te kon bereik, is eerstens 'n uitgebreide literatuurstudie onderneem en is die aard van beroepsmobiliteit, faktore wat 'n invloed op die beroepsmobiliteit van m...
Main Author: | |
---|---|
Other Authors: | |
Format: | Others |
Published: |
2015
|
Subjects: | |
Online Access: | Pieterse, Hendrika Christina (1994) Die beroepsmobiliteit van maatskaplike werkers in Suid-Afrika, University of South Africa, Pretoria, <http://hdl.handle.net/10500/15786> http://hdl.handle.net/10500/15786 |
Summary: | Text in Afrikaans === In hierdie studie is gepoog om insig in die beroepsmobiliteit van maatskaplike werkers te
verkry. Om dit te kon bereik, is eerstens 'n uitgebreide literatuurstudie onderneem en is
die aard van beroepsmobiliteit, faktore wat 'n invloed op die beroepsmobiliteit van
maatskaplike werkers kan he en die gevolge daarvan op maatskaplikewerkdienslewering, die
maatskaplike werker en die maatskaplikewerkorganisasie verken en beskryf.
Tweedens is 'n empiriese studie onderneem en is inligting oor die navorsingsonderwerp deur
middel van posvraelyste as data-insamelingsinstrument by maatskaplike werkers en
maatskaplikewerkorganisasies verkry.
Die empiriese studie het aangedui dat maatskaplike werkers meestal aan onrealisties hoe
roleise in die werksituasie en hul persoonlike lewens blootgestel is en dat die omgewings
waarin hul figureer, soos die werksomgewing en persoonlike omgewings, dikwels as
onvriendelik beleef word en dat dit 'n stabiele arbeidsmag verhinder.
Faktore wat met die werksomstandighede van maatskaplike werkers verband hou, dra by
tot die beroepsmobiliteit van maatskaplike werkers, sowel as faktore wat met persoonlike
omstandighede verband hou, terwyl oorplasings en bevorderings ook 'n rol in die
werksomset van maatskaplike werkers speel. Interaksie en wedersydse beinvloeding tussen
die verskillende faktore vind voortdurend plaas.
Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat die maatskaplike werker, deur beroepsmobiel te
wees, poog om 'n passing tussen roldruk en omgewingsdruk te bewerkstellig.
Met betrekking tot die gevolge van die werksomset van maatskaplike werkers, is bevind dat
maatskaplikewerkdienslewering, die maatskaplike werker en die maatskaplikewerkorganisasie
positief en negatief beinvloed word wanneer maatskaplike werkers van werk
verwissel of ophou om beroepsarbeid te verrig.
Tendense kon deur die ondersoek vasgestel word en dit kan hydra tot die ontwikkeling van
'n teorie oor die beroepsmobiliteit van maatskaplike werkers.
Aanbevelings is gemaak ten einde die beroepsmobiliteit van maatskaplike werkers te
verminder en/of te voorkom === This study attempts to gain insight into the occupational mobility of social workers. In
order to achieve this, an· extensive literature study was undertaken and the nature of
occupational mobility, factors that could affect the occupational mobility of social workers
and the consequences thereof on the delivery of social work, the social worker and the social
work organisation were explored and described.
Secondly, an empirical study was undertaken and information on the research topic was
obtained from social workers and social work organisations through postal questionnaires as
data gathering instruments.
The empirical study indicated that social workers are mostly exposed to unrealistically
high role demands in the work situation and in their personal lives and that the
environments in which they figure, such as the work and personal environments, are often
experienced as unfriendly and that these hinder a stable labour force.
Factors related to the working conditions as well as to the personal situations of social
workers contribute to the occupational mobility of social workers while transfers and
promotions also play a part in the work turnover of social workers. Interaction and mutual
influencing between the various factors take place constantly.
It is concluded that occupational mobility is the result of the social workers' efforts to
bring about a harmony between role and environmental pressures.
With regard to the work turnover of social workers, it was found that the delivery of social
work service, the social worker and the social work organisation are affected positively and
negatively when social workers change jobs or cease to perform professional work.
The study was able to pinpoint trends and this can contribute to the development of a
theory on the occupational mobility of social workers.
Recommendations were made to reduce and/or prevent the occupational mobility of social
workers === Social Work === D. Phil. (Maatskaplike Werk) |
---|