Summary: | Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2015. === ENGLISH ABSTRACT: In this research I investigated, with specific references to the three dramas, the ways in which
the Coloured and his community were represented in the post-apartheid theatre.
I examined identity formation through the theories of Erik Erikson and James Marcia’s
identity theories, as well as theories with regards to race and ethnic identity. From these
theories I came to the conclusion that the individual identity is a constant process of forming
and reforming, especially during the adolescent years.
Secondly, I examined group identity. A group is characterised by the nature of the
relationships between its members, and also plays an important role in the structuring of the
members’ identities. Group identification is a strategy for successfully handling the negative
effects that are associated with ethnic minority groups. Other racial groups are usually biased
towards the ethnic minority groups because of the stigma by which they are characterised.
The Cape Coloureds and the Cape Malays are the two groups that were chosen for
examination and discussion, seeing that they are the two largest groups in Cape Town.
There is a vast array of factors and subsections that can be chosen for the forming of a
Coloured identity. These factors consist of gender, religion, language, style, class, education
and appearance.
Following on the research and chosen dramas, I formulate three categories, each consisting of
its own type of Coloured character. Category one consists of the extreme stereotype: the
typical Cape Coloured and Cape Malay. Category two makes space for the middle course: the
more comprehensive Cape Coloured and the Indian-Muslim. The last category consists of the
other extreme stereotype: the White-Coloured and the Public Malay. Category one and two
are used most frequently when representing Coloureds. Category three Coloureds are chosen
very seldom. Playwrights, directors and actors often create characters based on preconceived
ideas of the Coloured identity.
These characteristics seem to be a reduction of an identity that promotes these preconceived
ideas. The Apartheid laws that were used to marginalise the Coloureds are still found in these
characteristics. As long as these aspects are present in society, they will be displayed on
stage. Unfortunately, within post-apartheid theatre, the Coloured and his community are still mostly represented by these stereotypes. === AFRIKAANSE OPSOMMING: Die navorsingsvraag lui soos volg: Met spesifieke verwysing na die gekose dramas, op watter
wyse word die Kleurling en sy gemeenskap in die post-apartheid-teater uitgebeeld? Ten einde
hierdie vraag te kan beantwoord, moes daar na spesifieke punte gekyk word.
Eerstens is daar, met behulp van die identiteitsteorieë van Erik Erikson en James Marcia
asook die teorieë rakende rasse- en etniese identiteit, gekyk na wat persoonlike
identiteitsvorming behels. Vanuit hierdie teorieë kom ek tot die slotsom dat die individuele
identiteit ’n konstante proses is wat gedurig aan die vorm en hervorm is, veral tydens die
adolessentejare.
Tweedens is daar gekyk na wat groepsidentiteit behels. ’n Groep word gekenmerk deur die
aard van die verhoudings tussen sy lede en speel ’n sterk rol in die strukturering van
identiteite. Groepsidentifisering is ’n strategie vir die suksesvolle hantering van negatiewe
effekte wat verband hou met etniese minderheidsgroepe. Etniese groepe word heel dikwels
bevooroordeel as gevolg van die stigma wat saam met die groep gekenmerk word. Die
Kaapse Kleurling en die Kaapse Maleier is die twee groepe wat gekies is vir bestudering en
bespreking, aangesien dit die twee grootste groepe binne Kaapstad is.
Daar is ook aandag gevestig op identiteit soos te sien binne die literatuur en teater. Teater
dien as ’n eksterne doel in die bevordering van ’n kulturele identiteit binne ’n onbekende
konteks. Dit is ’n transformasieritueel wat die mens in staat stel om betekenis te produseer en
te help om ’n wyse van identifikasie te skep. Teater is dié platform waar die mensdom in elke
vorm ten toon gestel kan word – ’n ruimte wat verskaf word om die onbekende te konfronteer
en dit gevolglik te aanvaar of nie.
Daar is verskeie faktore en onderafdelings wat gekies kan word vir die vorming van ’n
Kleurling-identiteit. Hierdie faktore bestaan uit die volgende: geslag, godsdiens, taal, styl,
klas, opvoeding en voorkoms.
Na aanleiding van die navorsing en gekose dramas, word daar drie kategorieë gevorm wat
elkeen sy eie tipe Kleurlingkarakter huisves. Kategorie een bestaan uit die uiterste stereotipe:
die tipiese Kaapse Kleurling en Kaapse Maleier. Kategorie twee maak plek vir die middeweg:
die “lewende” Kaapse Kleurling en Maleise Indiër. Die laaste kategorie is die tuiste vir die
ander uiterste, die Wit-Kleurling en die Publieke Maleier. Kategorie een en twee is waaruit
die meeste Kleurlinge gekies en verteenwoordig word. Kategorie drie Kleurlinge word uiters
selde verteenwoordig. Daar is ook geen melding van ’n Kleurling wat buite die Kaapse
Vlakte gebore is en hoe sy lewe ontvou nie. Dramaturge, regisseurs en akteurs skep dikwels
Kleurlingkarakters van wie daar vooropgestelde idees bestaan.
Hierdie karaktereienskappe blyk ’n reduksie van identiteit te wees wat die vooropgestelde
idees bevorder. Die Apartheidswette wat gebruik is om die Kleurling te marginaliseer, se
skadu’s word steeds in hierdie karaktereienskappe aangetref. Solank as wat hierdie aspekte
nog in die samelewing en gemeenskappe teenwoordig is, sal dit op een of ander manier op
die verhoog uitgespeel word. Ongelukkig word die Kleurling en sy gemeenskap nog
hoofsaaklik volgens hierdie stereotipes in die post-apartheid-teater verteenwoordig.
|