Summary: | Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 1993. === ENGLISH ABSTRACT: Informal red meat trade was investigated as it occurs in the townships of
the Cape Town metropole. To achieve this, an interactive research
approach was followed, initially involving months of observation before
scientific and empirical analysis was conducted.
The informal marketing activities were described and analysed with the
purpose of establishing its strengths; weaknesses, opportunities, and
threats. Criteria of efficiency and effectiveness were constantly
employed. ln this regard, the prevailing system was tested against
consumer needs and preferences. A large degree of consistency was
found between the nature of supply by the informal sector and the nature
of demand from its target consumer base. On this basis, it was deduced
that the informal red meat marketing system has the potential to further
contribute to development and township food security.
The informal marketing system, how~ver, operates under specific
constraints. These were identified and subsequently recommendations
were made to alleviate these constraints, in order to maximise the
contribution of informal red meat trade to local development. === AFRIKAANSE OPSOMMING: Die informele bemarking van rooivleis, soos dit in die stadswyke
(townships) van die Kaapstadse metropolis voorkom, is ondersoek. Deur
middel van 'n interaktiewe navorsingsbenadering is daar aanvanklik
maande lank net waargeneem voordat 'n wetenskaplike en empiriese
analise gedoen kon word.
Die werksaamhede van die informele rooivleismark is omskryf en
ontleed met die oog op vasstelling van die sterk punte en swakhede,
geleenthede en bedreigings van die bedryf. Kriteria van doeltreffendheid
en effektiwiteit is deurgaans aangewend. In hierdie opsig is die huidige
stelsel getoets aan verbruikersbehoeftes en voorkeure. Die wyse van
aanbieding van die informele sektor het in 'n ruim mate ooreengestem
met die aanvraag van die teikenverbruiker. Op grond hiervan word
afgelei dat die stelsel van informele bemarking van rooivleis die
potensiaal het om nog 'n groter bydrae te lewer tot die ontwikkeling van
voedselsekuriteit in die 'townships'.
Sekere faktore werk egter beperkend m op die informele
bemarkingstelsel. Hierdie faktore is gei'dentifiseer en aanbevelings is
gemaak ter opheffing van die beperkinge om sodoende die stelsel se
bydrae tot plaaslike ontwikkeling·te maksimeer.
|