Summary: | Thesis (MDF (Development Finance))--Stellenbosch University, 2008. === ENGLISH ABSTRACT: Mozambique managed to attract a lot of foreign direct investment despite it being one of
the poorest countries in the world and after it has been through a devastating 17 year
civil war. GOP per capita in 1995 was about US$ 144 which was one of the lowest
in the world. The country was faced with enormous challenges and risks in terms of
both country and political risk. Major risks were associated with investment in that
country because of prolonged civil war with no record of macro-economic stability.
Despite these huge challenges, Mozambique managed to attract a lot of investment
with Mozal 1 being the first big project post civil war. This paper analyses and
quantifies where Mozambique was before and after mega projects. This is done by
looking at where Mozambique was before Mozal 1 being the first mega project in the
country post civil war. The analysis is in terms of political risk as it relates to cross
border transactions with specific reference to a number of political risk indicators as
suggested by Brink (2004) that prevailed and how the projects were structured to
minimize risk. A political risk rating is developed for 1995 and 2005 using the Brink
model to check if the project did improve the country's economic health. === AFRIKAANSE OPSOMMING: Mosambiek het daarin geslaag om grootskaalse direkte buitelandse investering te lok ten spyte van sy status as een van die wereld se armste lande en die verwoestende burgeroorlog wat 17 jaar geduur het. Die BBP per capita was ongeveer US$ 144 in 1995, wat dit een van die laagstes in die wereld gemaak het. Die land het enorme uitdagings en risiko's in die gesig gestaar in terme van die land en die politiek. Die hoofrisiko's het met investering verband gehou vanwee die langdurige burgeroorlog en geen makro-ekonomiese stabiliteit in die land se verlede nie. Ondanks hierdie reuse
uitdagings het Mosambiek daarin geslaag om baie investering te lok, waarvan Mozal 1 die eerste megaprojek na die burgeroorlog was. Hierdie tesis analiseer en kwantifiseer
Mosambiek se posisie voor en na megaprojekte. Dit is gedoen deur te kyk na hoe
Mosambiek daar uitgesien het voor Mozal 1. Die analise is in terme van die verband
tussen politieke risiko en oorgrenstransaksies gedoen. Daar word spesifiek verwys na 'n
aantal aanwysers van politieke risiko, soos voorgestel deur Brink (2004), wat geheers
het en hoe projekte gestruktureer is om risiko te verminder. 'n Gradering van politieke
risiko is vir 1995 en 2005 aan die hand van Brink se model ontwikkel om te kontroleer of
die projek die land se ekonomiese gesondheid verbeter het.
|