Summary: | Study project (MBA)--University of Stellenbosch, 2002. === ENGLISH ABSTRACT: No effective programmed extension exists in the South African pome fruit industry.
There is a lack of farmer response and involvement, a lack of coordinated
dissemination of information and no systematic and scientific approach in the
development of extension programmes for the industry. Particularly important is the
lack of a systematic conceptualisation of problems and specifically the lack of
identification of the most direct determinants of behaviour (the psychological field
forces) and a lack of the systematic addressing of these human constraints. DOvel's
revised extension programme model was used as basis for this study. It included the
identification, prioritisation, conceptualisation and determination of perceived
problems that need to be addressed in the extension programmes. The most
important identified problems that needs attention in an extension programme are
producers' knowledge relating to all aspects of strategic planning (ie knowledge of
basic principles, what is attainable, the advantages and disadvantages and the
practical implementation), knowledge relating to the practical implementation of
irrigation, bitter pit control and practices to increase fruit size, and knowledge that
relates to basic principles of marketing. === AFRIKAANSE OPSOMMING: Geen doelgerigte geprogrammeerde voorligting bestaan vir die Suid-Afrikaanse
kernvrugindustrie nie. Daar is 'n tekort aan produsentebetrokkenheid, 'n tekort aan
gekoordineerde verspreiding van inligting en daar is geen sistematiese en
wetenskaplike benadering in die ontwikkeling van voorligtingsprogramme vir die
industrie nie. Besonder belangrik is die afwesigheid van 'n sistematiese
konseptualisering van probleme en meer spesifiek die tekort aan die identifisering
van die meer direkte determinante van gedrag (die psigiese veldkragte) en die
aanspreek van hierdie menslike beperkings. DOvel se hersiene model vir
geprogrameerede voorligting het as basis gedien vir die studie. Die studie het
ingesluit die identifisering, prioritisering, konseptualisering en bepaling van
produsente se persepsie van
aangespreek behoort te word.
probleme wat binne voorligtingsprogramme
Die belangrikste probleme wat in die studie
geïdentifiseer is wat aandag moet geniet in voorligtingsprogramme is die produsente
se kennis van alle aspekte van strategiese beplanning (kennis van basiese
beginsels, kennis wat betrekking het op wat bereikbaar is met strategiese
beplanning, die voor- en nadele daarvan asook die praktiese implementering van
strategiese beplanning), kennis wat betrekking het op die praktiese implementering
van besproeiing, bitterpit beheer en die verbetering van vruggroote asook die kennis
wat betrekking het op die basiese beginsels van bemarking.
|