Summary: | Thesis (MSc)--University of Stellenbosch, 2005. === ENGLISH ABSTRACT: This study investigated the composition of Themeda triandra Renosterveld in part of the
Grootvadersbosch Conservancy and the effects of selected environmental and management variables to
provide guidelines for promoting the presence of Themeda triandra in the veld.
The Zürich-Montpellier phytosociological method was used to determine the composition of the
Renosterveld communities. The point quadrat method was used to determine the cover of Themeda
triandra at three grass dominated sites and compare cover from one site with past cover measurements
at the specific site. Ordination was used to examine the effects of the environmental and management
variables on the plant communities.
Two community groups, five communities and five subcommunities were identified and described.
The Themeda triandra – Stoebe phyllostachys Grassland Community Group consists of two
communities of which one has two subcommunities. The Themeda triandra – Elytropappus
rhinocerotis Shrubland Community Group consists of three communities of which one has three
subcommunities.
The vegetation units described in this study have not been described previously in the literature. One
community belongs to Silcrete Fynbos while another subcommunity is transitional between
Renosterveld and thicket and gallery forest. The rest of the plant communities fit the definition for
Renosterveld (the local Renosterveld type is Eastern Rûens Shale Renosterveld).
Cover of Themeda triandra did not differ significantly either between sites or between years. The
comparison of Themeda triandra cover between years was done at a site that had been burnt between
the last two sampling times yet the cover was not significantly different. This indicates that fire and
other management practices did not have a negative impact on Themeda triandra at the site.
Unconstrained ordination of the dataset in which cover/abundance values were included, grouped the
relevés by moisture and disturbance but the presence/absence dataset indicates that the two community
groups have a slight transitional overlap. Constrained ordination of both datasets with a) soil variables
and b) management variables, both showed a tendency to separate the relevés into community groups,
that did not happen with topographic and vegetation variables. Ordination did not separate the
community groups into their subdivisions.
The soil variables (both nutrients and texture) influence the vegetation structure and the community
distribution.
Under the existing grazing management regime, fire at three to five year intervals promoted the
dominance of Themeda triandra by affecting the structure of the plant communities, the abundance of species other than Themeda triandra, and influencing which plant community is present. The use of
fire as a management tool was regulated by the importance of the natural veld pastures to the farmers.
The natural veld pastures are not suitable for dairy cattle in milk. Thus dairy farmers are less likely to
burn the natural veld (no planned burns only chance fires) than those who farm with mutton or beef
(planned burns on a three to five year interval). === AFRIKAANSE OPSOMMING: Die studie het die samestelling van Themeda triandra Renosterveld in ’n deel van die
Grootvadersbosch-Bewaria en die uitwerking van geselekteerde omgewings- en bestuursveranderlikes
ondersoek om riglyne vir die bevordering van Themeda triandra in die veld daar te stel.
Die Zürich-Montpellier fitososiologiese metode is gebruik om die samestelling van die
Renosterveldgemeenskappe te bepaal. Die puntkwadraat-metode is gebruik om ’n skatting van die
dekking van Themeda triandra by drie gras-gedomineerde persele te bepaal en om ’n vergelyking te
maak tussen die huidige en vorige dekking van ’n enkele perseel. Ordinasie is gebruik om die invloed
van omgewings- en bestuursveranderlikes op die plantgemeenskappe te bepaal.
Twee gemeenskapsgroepe, vyf gemeenskappe en vyf subgemeenskappe is geïdentifiseer en
gedefinieer. Die Themeda triandra – Stoebe phyllostachys Grasland-gemeenskapsgroep bestaan uit
twee gemeenskappe waarvan een in twee subgemeenskappe onderverdeel is. Die Themeda triandra –
Elytropappus rhinocerotis Struik-gemeenskapsgroep bestaan uit drie gemeenskappe waarvan een in
drie subgemeenskappe onderverdeel is.
Die plantegroei-eenhede wat in die studie beskryf is, is nie voorheen in die literatuur beskryf nie. Een
gemeenskap behoort aan Silkreet-fynbos en ’n ander subgemeenskap is ’n oorgangsfase tussen
Renosterveld en struikbosveld of woud, terwyl die res van die plantgemeenskappe binne die definisie
van Renosterveld val (die plaaslike Renosterveld tipe staan bekend as Oostelike Rûens Skalierenosterveld).
Die bedekking van Themeda triandra het nie betekenisvol gevarieer tussen óf die verskillende
lokaliteite óf die verskillende jare nie. Die vergelyking van Themeda triandra-bedekking oor tyd is
onderneem in ’n gebied wat tussen opnames gebrand is. Die bedekking het nie betekenisvol verskil
nie. Dit dui aan dat vuur en ander bestuurspraktyke nie ’n negatiewe invloed op Themeda triandra in
hierdie gebied het nie.
Onbeperkte ordinasie van die datastel met die vergelyking van bedekking/volopheidwaardes, groepeer
die relevés volgens vogtigheid en versteuring, terwyl die datastel ten opsigte van teenwoordigheid/
afwesigheid aandui dat die twee gemeenskapsgroepe ’n effense oorgangs-oorvleueling het. Beperkte
ordinasie van beide datastelle met a) grondveranderlikes en b) bestuursveranderlikes, toon albei ’n
neiging om die gemeenskapsgroepe te skei, wat nie gebeur het met die topografiese- en
plantegroeiveranderlikes nie. Ordinasie het nie die gemeenskapsgroepe onderverdeel in gemeenskappe
of subgemeenskappe nie.
Die grondveranderlikes (beide voedingstowwe en tekstuur) beïnvloed die struktuur en die verspreiding
van die plantegroei. Met die bestaande weidingsbestuur bevorder brande met ’n interval van tussen drie tot vyf jaar die
oorheersing van Themeda triandra deur die struktuur van die teenwoordige plantgemeenskap te
beïnvloed, deur die getal van die verskillende plantsoorte te beïnvloed en selfs deur die
plantgemeenskap se voorkoms te beïnvloed. Die waarde wat die boer aan die natuurlike veld as
weiveld heg bepaal die mate waartoe hulle veldbrand gebruik as ’n deel van bestuur. Die natuurlike
veld is nie geskik vir melkkoeie wat in die melkproduksiestadium is nie. Die melkboere is dus minder
geneig om die natuurlike veld te brand (geen beplande brande nie net kans brande) as die boere wat met
vleisbeeste of skape boer (beplande brande elke drie tot vyf jaar).
|