Summary: | Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2012. === ENGLISH ABSTRACT: This study concerned the piratical attacks occurring along the East and West coasts of Africa. Although maritime piracy along the coasts of Africa is not a new phenomenon, recent upsurges in piratical attacks have attracted a great deal of attention. Despite Nigeria being long considered as the hotspot for piratical activity in Africa, the greatest upsurge of piratical activity has been seen in the areas surrounding Somalia, including the Gulf of Aden and the Indian Ocean.
The primary objective of this study is to identify the main causes of maritime piracy in Somalia and Nigeria. Also the correlation between state capacity (failed or weak) and the motivations for piracy (greed or grievance) is investigated.
The secondary objectives of this study are to investigate the direct manifestations of piracy, as well as the current counter piracy initiatives. This is done in order to evaluate the successes and failures of current counter-piracy approaches in order to create more viable and successful counter measures.
It is found that historical factors, as well as political, economic, social and environmental factors contribute greatly to the rise of maritime piracy in both Somalia and Nigeria. Furthermore, it has been found that there are numerous direct causes of piracy in these two countries. These differences and similarities have been investigated using a comparative analysis framework. === AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie het betrekking tot die seerowery wat langs die Oos-en Weskus van Afrika plaasvind. Alhoewel seerowery langs die kus van Afrika nie 'n nuwe verskynsel is nie, het die onlangse oplewing van seerower-aanvalle baie aandag geniet in verskeie oorde. Ten spyte daarvan dat Nigerië lank beskou was as die probleem-area vir seerower aktiwiteit in Afrika, word die grootste toename van seerowery in die gebiede rondom Somalië, insluitend die Golf van Aden en die Indiese Oseaan ervaar.
Die primêre doel van hierdie studie is om die oorsake van seerowery in Somalië en Nigerië te identifiseer. Die verband tussen staat-kapasiteit (mislukte of swak) en die motiverings vir seerowery (gierigheid of griewe) word ondersoek.
Die sekondêre doelwitte van hierdie studie is om die direkte manifestasies van seerowery te ondersoek, sowel as die huidige teen-seerower inisiatiewe. Dit word gedoen om die suksesse en mislukkings van die huidige teen-seerower benaderings te evalueer ten einde meer lewensvatbare en suksesvolle teenmaatreels te skep.
Dit is gevind dat historiese faktore, sowel as die politieke-, ekonomiese-, sosiale- en omgewings- faktore baie bydra tot die ontstaan en opbloei van seerowery in Somalië en Nigerië. Dit is gevind dat daar talle direkte oorsake van seerowery in hierdie twee lande is. Hierdie verskille en ooreenkomste is ondersoek met behulp van vergelykende analises.
|