Summary: | Thesis (DTh)--Stellenbosch University, 2012. === ENGLISH ABSTRACT: Due to the consciousness of religious pluralism and the need for peace amongst
the religious communities of the world, the researcher considered, and herewith
presents, the arguments for and against each of three traditional theological
models for evaluating the relation between Christianity and other religions.
Although this theological debate about the truth and salvific value of non-
Christian views of life is important, and although the three approaches discussed
each brings out important aspects that have to be considered in this debate, they
were found to be limited in an important respect, namely, that they do not
suggest practical strategic solutions for how Christians should relate to people
who hold beliefs that differ from their own.
With reference to the notion of an “ethic of embrace,” drawing on a
number of New Testament texts as interpreted by theologians like Hans Küng,
Miroslav Volf, Harold Nethland, Sam Storms, and Robert H. Stein, to name but a
few, a strong case could be made for the necessity of such an ethic as a
guideline for how the churches should interact with those who do not share their
faith. It could be concluded that each of the three theoretical models,
Particularism, Inclusivism and Pluralism, needs to be reconsidered from the
perspective of an ethic of embrace. The researcher therefore inquired into the
extent to which each of the theoretical models can be reconciled, and can indeed
support and undergird, an ethic of embrace. Since, at least at face value,
Particularism seems to raise most questions in this regard, it received particular
attention. It was concluded that, also when applied in the context of the
Particularist model, the ethics of embrace is the missing link that can help
influence religiously motivated conflicts in a positive way. This allows for a more
peaceable praxis as it not only addresses religious conflict in the world, but can
also enable the Particularistic model to foster peace among religions and
therefore, indirectly, peace among the nations of the world.
The themes of reconciliation, tolerance, forgiveness and hospitality, which
are interconnected with an ethic of embrace form an important part of chapter 5, with its focus on the truth and salvific significance of Jesus Christ reflected in his
life as portrayed by Biblical witnesses. It is argued that He is not only the truth, or
the one who spoke about the truth and his salvific significance, which is of central
importance to the Particularistic model, but was able to demonstrate its practical
application through the life He lived among humans. He demonstrated practically
how the neighbour can be embraced in accordance with a particular
understanding of the will of God. === AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis ondersoek die potensiaal van ’n etiek van omhelsing (“embrace”)
aangesien drie tradisionele modelle in die teologie van die godsdienste, naamlik
Partikularisme, Inklusivisme en Pluralisme, nie voldoende is om vrede tussen die
verskillende gelowe van die wêreld te bevorder nie. Argumente ten gunste van
en teen elke model, sowel as hulle sterk en swak punte, word behandel om
duidelik aan te toon dat nie een van die drie modelle genoegsame praktiese
strategiese metodes oplewer nie. Nadenke oor die waarheidsgehalte en
moontlike verlossingskrag van nie-Christelike godsdienste, en oor Christene se
wyse van interaksie met mense van ander gelowe, verskaf opsigself nie die
nodige vrugbare praktiese riglyne nie.
Met betrekking tot die idee van ’n etiek van omhelsing, het verskeie teoloë,
waaronder Hans Küng, Miroslav Volf, Harold Nethland, Sam Storms, en Robert
H. Stein, om net ’n paar te noem, sterk konstruktiewe argumente ontwikkel wat
die idee van ’n etiek van omhelsing ondersteun en bevorder in verband met
Christene se verhouding met mense van ander gelowe. Hierdie studie
argumenteer ten slotte dat die drie teologiese modelle wat ondersoek is ’n etiek
moet heroorweeg van ’n verhouding van omhelsing teenoor mense van ander
gelowe, indien hulle tot vrede tussen mense van verskillende gelowe wil bydra.
Die navorser ondersoek ook tot watter mate die drie modelle met ’n etiek van
omhelsing versoen kan word. Aangesien Partikularisme skynbaar meer vrae in
hierdie verband oproep, word dit veral deurdink. Die navorser kom dan tot die
gevolgtrekking dat die etiek van omhelsing, in die konteks van Partikularisme,
dalk die verlore skakel is wat, ook vir die Partikulariste, geweld onder die
verskillende gelowe kan teenwerk. Dit kan moontlik nie slegs vreedsame
verhoudings tussen die verskillende gelowe teweegbring nie, maar ook daartoe
bydra dat Partikularisme in die teologiese debat tot geloofsvrede kan bydrae.
Versoening, vergifnis, gasvryheid en toleransie is temas wat in verband
met ’n etiek van omhelsing ter sprake kom, en vorm belangrike aspekte van
hoofstuk 5, aangesien dit nie net in abstrakte sin die waarheidsgehalte en verlossingskrag van Christus sterk beklemtoon nie, maar ook die wyse waarop
dit in sy lewe, soos die Bybelse getuies dit narratief skets, in ’n praktyk van
omhelsing van die medemens gestalte gevind het.
|