Summary: | Thesis (MPA)--Stellenbosch University, 2011. === ENGLISH ABSTRACT: A public meeting is one of the strategies for public participation outlined by the International Association for Public Participation (IAP2). It is a strategy that is commonly used, but tends to yield poor outcomes. Its purpose is often misunderstood and it is therefore used as a “soft” public participation option that hastens the project at hand. However, it can be a most effective strategy if it is used correctly. Its intended outcome should be to create an interest in public participation within the community, especially when it comes to community-based development. The public should be left empowered and be given scope to influence, direct and own each and every development within its community.
In this study the Khayamandi community has been used as a case study. It became apparent that at Khayamandi public meetings are not used correctly as a public participation strategy, and hence the public often felt left out of developments that took place in the community. Even though there are clear constitutional/legislative guidelines on public participation, Khayamandi has not yet achieved the required level of authentic and empowering public participation. In the light of the model developed in this study for public participation that empowers communities, it is evident that public participation at Khayamandi is at a level of tokenism, where information is shared with the public but the public is not expected to participate fully in the developmental agenda. The Khayamandi community, the local municipality and the developers will have to take steps jointly in order to meet the constitutional/legislative requirement on public participation. The ideal level at which the Khayamandi community needs to be is that of citizen power, where the public becomes a change agent and assumes the role of influencing, directing and taking ownership of its own development.
This study has adopted a qualitative research paradigm. Interviews and rating-scale questionnaires (on the basis of a probability sampling), focus group and observation are the tools used to collect primary data. This study follows an evaluative research design, which aims at answering the question of whether an intervention, a programme or a strategy has been successful or effective.
One of the major recommendations is that the public participation model which has been developed be used by the Khayamandi community in order for the public to be empowered and have the scope to influence, direct and own community-based development and decision-making processes. The public should make use of this model for optimal results.
If the public participation strategy is used correctly, Khayamandi can be in a position to achieve the appropriate level of citizen power. Once that happens, the impact on integrated community-based development and decision-making processes will be positive, with improved service delivery as a consequence. === AFRIKAANSE OPSOMMING: ’n Publieke vergadering is een van die strategieë vir publieke deelname soos omlyn deur die Internasionale Assosiasie vir Publieke Deelname (IAP2). Dit is ’n strategie wat algemeen gebruik word, maar dit neig om ‘n swak uitkoms te lewer. Die doel daarvan word dikwels verkeerd verstaan, en gevolglik word dit gebruik as ’n niksseggende openbare deelname-opsie wat die gang van die voorgenome projek versnel. Dit kan egter een van die mees doeltreffende strategieë wees as dit korrek toegepas word. Die beoogde uitkoms behoort te wees om belangstelling in publieke deelname binne die gemeenskap aan te wakker, veral waar dit gemeenskapsgebaseerde ontwikkeling betref. Die publiek behoort daardeur bemagtig gelaat en geleentheid gegee te word om ieder en elke ontwikkeling binne die gemeenskap te beïnvloed, te bestuur en te eien.
In hierdie studie is die gemeenskap van Khayamandi as studie-onderwerp gebruik. Dit het geblyk dat publieke vergaderings in Khayamandi nie korrek as ’n openbare deelnamestrategie gebruik word nie, daarom voel die publiek dikwels uitgesluit uit ontwikkelings wat in die gemeenskap plaasgevind het. Alhoewel daar duidelike grondwetlike/wetgewende riglyne oor publieke deelname is, het Khayamandi nog nie die gewensde vlak van egte en bemagtigende openbare deelname bereik nie. Beoordeel volgens die model wat in hierdie studie ontwikkel is vir openbare deelname wat gemeenskappe bemagtig, is dit duidelik dat openbare deelname in Khayamandi op ‘n simboliese vlak is waar inligting aan die gemeenskap gegee word, maar die publiek word nie verwag om ten volle aan die ontwikkelingsagenda deel te neem nie. Die gemeenskap van Khayamandi, die plaaslike munisipaliteit en die ontwikkelaars sal gesamentlik stappe moet neem om die grondwetlike/wetgewende voorskrifte omtrent publieke deelname na te kom. Die ideale vlak waarop die gemeenskap van Khayamandi behoort te wees, is dié van burgerlike mag, waar die publiek die agent van verandering word en die rol aanvaar om sy eie ontwikkeling te beïnvloed, te bestuur en te eien. Hierdie studie het ’n kwalitatiewe navorsingsparadigma nagevolg. Onderhoude en vraelyste met ‘n assesseringskaal (volgens ‘n waarkynlikheidsteekproef), ’n fokusgroep en waarneming is metodes wat gevolg is om primêre data in te samel. Hierdie studie volg ’n evalueringsnavorsingsplan, wat ten doel het om die vraag te beantwoord of ’n ingryping, ’n program of ’n strategie suksesvol of effektief was.
Een van die hoofaanbevelings is dat die publiekedeelnamemodel wat ontwikkel is, deur die gemeenskap van Khayamandi gebruik word, sodat die publiek bemagtig word en geleentheid het om gemeenskapsgebaseerde ontwikkelings- en besluitnemingsprosesse te bestuur, te eien en te beïnvoeld. Die publiek behoort hierdie model vir optimale resultate te gebruik.
As die publiekedeelnamestrategie korrek gebruik word, kan Khayamandi in staat wees om die gepaste vlak van burgerlike mag te bereik. Sodra dit gebeur, sal die impak op geïntegreerde gemeenskapsgebaseerde ontwikkeling en besluitnemings-prosesse positief wees, met verbeterde dienslewering as gevolg.
|