The restoration of Israel in covenant perspective: an exegetical and revelation-historical study on the prophecies of the promise / Jung Geon Han

Die Joodse volk is deur die eeue geïgnoreer en het ontsaglike lyding deurgemaak as gevolg van Christene se gebrek aan begrip van sekere dele van die Bybel wat oor die herstel van Israel handel. Die meerderheidstandpunt in die kerk was nog altyd dat die sin van die hestaan van Israel met die verwerpi...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: Han, Jung Geon
Language:en
Published: Potchefstroom University for Christian Higher Education 2013
Online Access:http://hdl.handle.net/10394/7985
Description
Summary:Die Joodse volk is deur die eeue geïgnoreer en het ontsaglike lyding deurgemaak as gevolg van Christene se gebrek aan begrip van sekere dele van die Bybel wat oor die herstel van Israel handel. Die meerderheidstandpunt in die kerk was nog altyd dat die sin van die hestaan van Israel met die verwerping van Christus verlore gegaan het. Hoewel daar gedurende die afgelope paar dekades toenemende kommer was oor die belangrikheid van die posisie van Israel soos gesien deur die Christelike geloof, is die situasie nog steeds onbevredigend met betrekking tot die verklaring van die beloftes van die profete. Die doel van hierdie studie is om 'n beter begrip van die profesieë wat oor die herstel van Israel handel, te bevorder. Die studie sal vasstel aan wie die beloftes van herstel gemaak is - aan Israel of aan die kerk - en hoedanig die verwagting oor die volk Israel is. Die proefskrif bestaan uit ses dele. Deel I is aan die formulering van die hermeneutiese beginsels gewy. Die histories-kritiese metode neem die Bybel as die geïnspireerde Woord van God nie ernstig genoeg op nie. Hoewel die opkoms van die nuwere kritiek, soos byvoorbeeld die kanonieke benadering, die strukturalistiese benadering en resepsie-estetika die aandag op die finale vorm van die kanon en die belangrikheid daarvan vir die geloof gevestig het, sal 'n eie beginpunt eerder wees om die historiese en kanonieke betekenis van die stukke wat vir hierdie onderwerp ter sake is, in oënskou te neem. Die onderhewige eksegetiese metode wat afwyk van die tipologiese metode of 'n vergeesteliking van die Ou Testamentiese profesieif, wat daartoe lei dat die ontwikkeling van die openbaringsgeskiedenis by 'n sekere punt ophou, is die metode wat berus op "letterlike betekenis sover as moontlik" en "die perspektief op die openbaringsgeskiedenis". Ook die verbondstema in die oordeel- en verlossingsvoorspellings word in hierdie hoofstuk ondersoek. Deel Il word aan die verlossingspassasies in Jeremia gewy. Die kontinuïteit en diskontinuïteit van die Ou en die Nuwe verbond word ook as 'n uitloper van hierdie studie ondersoek. Die meeste elemente van die Ou Verbond word ook in die Nuwe aangetref, maar hulle word radikaal tot nuwe dimensies gewysig. Afgesien van die Nuwe Verbondspassasie (Jeremia 31:31-40) is die gedeeltes in Jeremia 24:1-7; 32:36-44; 33:1-26 ook noukeurig bestudeer. Die herstel het verskillende aspekte: die terugkeer uit die ballingskappe, vrugbaarheid, vergifnis van sonde, vernuwing van die hart, gehoorsaamheid aan die wet, die herstel van die Dawidiese dinastie, die Levitiese gestag, ensovoorts. Deel III het as onderwerp die gedeeltes in Esegiël wat oor die verbond en herstel handel, soos 11:14-21; 20:33-44; 36; 37; 39:1-29. Die verbond word in die gedeeltes 34:23-37; 37:15-28 gemeld, en die verbondsformule word ook in ander passasies aangetref. Hierdie feit bewys dat die verbond die basiese agtergrond van Esegiël se boodskappe van herstel is. In hierdie gedeeltes is die "land-beloftes" (soos die terugkeer uit die ballingskappe en die vrugbaarheid) oorheersend. Die herlewing van die volk as geheel word in hoofstuk 37 in forse trekke geteken. Die heiligdom is vir Esegiël ook baie belangrik. Alle elemente van die herstet wat in Jeremia aangetref word, verskyn ook in Esegiël. Deet IV het ten doel om die profesieë van die genoemde profete te toels deur le kyk of hulle in die gemeenskap wat uit die Babiloniese ballingskap teruggekeer het, vervul is. Daar is bevind dat die na-ballingskapse profete al die elemente van die belofte van die herstel van Israel weer bevestig het, insluitende die belofle dat die mense na hul eie land teruggebring sal word. Die profete voorsien steeds die herstel binne 'n eskatologiese raamwerk. Deel V klassifiseer die beloftes onder verskillende hoofpunte soos hulle in die voorafgaande hoofstukke bespreek is. Deel VI word aan 'n toets van die geldigheid van die beloftes in die Nuwe Testament gewy. Veral Romeine 9-11 word deeglik onder die loep geneem. Die resultaat van die studie dui aan dat Israel van die kerk onderskei moet word (dit wil sê, die kerk bestaan uit Israel en die gelowiges uit die heidene) en dat daar steeds hoop en toekomsverwagting vir Israel is. Uiteindelik is die hoop in Israel se toekoms vir die profete en die apostels op God se uitverkiesing van Israel as sy volk gebaseer, en hierdie feit beteken dat dit onmoontlik is dat Hy hulle nou sal verwerp. Die historiese uniekheid van Israel, wat die verbondsvolk van God is, het in die loop van die openbaringsgeskiedenis bly voortbestaan: in die tyd van die ballingskap, die tyd na die ballingskap en die tyd van die apostels. Die gelowiges uit die heidene deel deur Christus, die ware saad van Abraham, in al die seëninge van Israel, terwyl die ware Israel (dit wil sê, die uitverkore een) dit van nature verkry. Die herstel word in drie dimensies gesien: Die natuurlike (byvoorbeeld die 'land-belofte") , die politieke (byvoorbeeld die Dawidiese koningskap) en die geestelike en godsdienstige (byvoorbeeld die vergifnis van sonde en die heiligdom). Alle elemente is dieseifde as die wat onder die Ou Verbond bestaan het (die kontinuïteit). Dit moet egter in terme van die Nuwe Verbond wat die ou elemente in nuwe dimensies verander (diskontinuïteit), verstaan word. Nogtans beteken die herstel van die verbondsvolk nie die herstel van die koninkryk van Israel van ouds nie. Dit sal in die Messiaanse koninkryk wanneer Christus weer kom, volbring word. Die motivering vir die herstel is die eer van Jahweh se Naam. Die herstel is nie net op die redding van die volk Israel gemik nie, maar op die redding van die wêreld, wat Israel en die nasies insluit. Die herstel van Israel is tot diens van Jahweh en sy openbaringshistoriese plan. === Proefskrif (ThD)--PU vir CHO, 1987