'n Vergelyking tussen melodiese gestaltes in die onbegeleide tjellosuites van Bach en in dié van Reger, Bloch en Britten / M.G.H. Coetzee

J. S. Bach se ses suites vir onbegeleide tjello word as sentrale werke in die tjelloliteratuur, en spesifiek wat die genre vir onbegeleide tjellomusiek betref, as die norm beskou. Uitgaande van bostaande beskouing vorm die bestudering van die suites dus die basis van hierdie studie. Die werke van Ba...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: Coetzee, Matthys Gerhardus Human
Published: North-West University 2012
Subjects:
Online Access:http://hdl.handle.net/10394/6926
Description
Summary:J. S. Bach se ses suites vir onbegeleide tjello word as sentrale werke in die tjelloliteratuur, en spesifiek wat die genre vir onbegeleide tjellomusiek betref, as die norm beskou. Uitgaande van bostaande beskouing vorm die bestudering van die suites dus die basis van hierdie studie. Die werke van Bach staan in die middelpunt van ’n lang ontwikkelingsgeskiedenis van onbegeleide strykersmusiek wat vanaf die 16de tot die 20ste eeu strek. ’n Algemene historiese oorsig van hierdie ontwikkeling word in Hoofstuk 2 weergegee. Die eienskappe van Bach se melodiese styl, en veral die kontraselemente, vorm die uitgangspunt van die analitiese studie van die ses suites in Hoofstuk 3. Op grond van hierdie eienskappe kan latente meerstemmigheid deurgaans in die onbegeleide suites van Bach aangetoon word. Waar Bach se suites die kernpunt van die ontwikkeling van onbegeleide strykersmusiek daarstel, vorm die werke van 20ste eeuse komponiste soos Reger, Bloch en Britten die kulminasiepunt van die hele proses. Hoewel hulle werke en die van Bach tot verskillende stylperiodes behoort, blyk dit egter duidelik uit ’n studie daarvan in Hoofstuk 4 dat daar in die skepping van hierdie werke uitgegaan is van die voorbeeld en basis wat in Bach se suites daargestel is. Die feit dat die werke tot verskillende stylperiodes behoort, bring ook mee dat daar grondliggende verskille, byvoorbeeld wat tonaliteit en vorm betref, tussen die werke van Bach aan die een kant en die werke van Reger, Bloch en Britten aan die ander kant bestaan. n Gemeenskaplike faktor tussen die werke wat in hierdie studie ondersoek is, is dat hulle almal, nieteenstaande grondliggende stylverskille, vir die tjello, wat n melodie–instrument is, geskryf is. Om in die onbegeleide werke beide die horisontale sowel as die vertikale dimensies in die musiek te kan realiseer, moes sekere tegnieke in die melodiese skryfwyse, soos byvoorbeeld meervlakkige beweging in die melodiese lyn deur onder andere pedaalpunte, kontrastering van motiewe en sekwensiële beweging aangewend word. Ooreenstemmende kenmerke in die musiek van die vier komponiste kan dikwels aangetoon word. Afgesien van die ooreenkomste is daar egter ook verskille as gevolg van die onderskeid tussen die individuele sowel as tydstyle wat as grondslag en uitgangspunt van die werke van die verskillende komponiste dien. Selfs in die werke van Reger, Bloch en Britten is daar n ontwikkeling van byvoorbeeld latente meerstemmigheid volgens die voorbeeld van Bach na n meer volwaardige meerstemmigheid soos dit veral in die werke van Britten neerslag vind. === Thesis (D.Mus)--North-West University, Potchefstroom Campus, 2012.