Die rol van die onderwyser ten opsigte van die aanmelding van seksuele misbruik / Janine Delport

Kinders bring ‘n groot gedeelte van hul tyd by die skool deur. Onderwysers is die enigste ander persone behalwe die gesin wat op ‘n daaglikse basis kontak het met kinders. Onderwysers kan ‘n groot invloed uitoefen op kinders. Indien kinders probleme ervaar by die huis, kan hulle moontlik ‘n onderwys...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: Delport, Janine
Published: North-West University 2011
Subjects:
Online Access:http://hdl.handle.net/10394/4818
id ndltd-netd.ac.za-oai-union.ndltd.org-nwu-oai-dspace.nwu.ac.za-10394-4818
record_format oai_dc
spelling ndltd-netd.ac.za-oai-union.ndltd.org-nwu-oai-dspace.nwu.ac.za-10394-48182014-04-16T03:53:08ZDie rol van die onderwyser ten opsigte van die aanmelding van seksuele misbruik / Janine DelportDelport, JanineOnderwyserAanmeldingSeksuele misbruikTeacherReportingSexual abuseKinders bring ‘n groot gedeelte van hul tyd by die skool deur. Onderwysers is die enigste ander persone behalwe die gesin wat op ‘n daaglikse basis kontak het met kinders. Onderwysers kan ‘n groot invloed uitoefen op kinders. Indien kinders probleme ervaar by die huis, kan hulle moontlik ‘n onderwyser daarvan vertel. Kinders kan moontlik seksuele misbruik bekend maak aan onderwysers. Indien kinders nie seksuele misbruik bekend maak nie, toon hulle egter soms simptome wat as indikatore kan dien dat hulle seksueel misbruik word. Onderwysers moet egter oor die nodige kennisbasis beskik om hierdie indikatore te kan identifiseer. Indien kinders seksuele misbruik bekend maak, moet onderwysers weet hoe om te reageer op hierdie bekendmaking. Onderwysers het ‘n wetlike verpligting om seksuele misbruik aan te meld by die polisie. Om dit aan te meld, moet onderwysers egter kennis dra van hul wetlike verpligting en van die gevolge indien hulle dit nie sou aanmeld nie. Indien ‘n kind seksuele misbruik bekend maak, behoort daar ‘n prosedure in plek te wees by skole om die aanmelding van seksuele misbruik te fasiliteer. Die doelstelling van die navorsing was om die rol van die onderwyser ten opsigte van die aanmelding van seksuele misbruik te ondersoek. Daar is van die opname prosedure gebruik gemaak om kwalitatiewe data te bekom. ‘n Nie–waarskynlikheidssteekproef en meer spesifiek ‘n toevallige steekproef is getrek en agt deelnemers is in ‘n hoofonde rsoek betrek, waar ‘n self–gestruktureerde onderhoudskedule gebruik is om die kennisbasis van onderwysers van seksuele misbruik vas te stel. Hierdie onderhoudskedule is gedurende persoonlike onderhoude gebruik met die agt deelnemers. Dit is vanuit die bevindinge duidelik dat die kennisbasis van onderwysers ten opsigte van seksuele misbruik beperk is. Onderwysers weet nie hoe om die bekendmaking van seksuele misbruik te hanteer nie. Indien kinders seksuele misbruik bekend maak, is daar nie prosedures in plek om die aanmelding van seksuele misbruik te fasiliteer nie. Onderwysers benodig meer opleiding om seksuele misbruik te hanteer, sodat hulle beter toegerus kan word om die aanmeldings van seksuele misbruik te verwys.Thesis (M.A. (MW Forensic))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2011.North-West University2011-09-29T07:31:19Z2011-09-29T07:31:19Z2010Thesishttp://hdl.handle.net/10394/4818
collection NDLTD
sources NDLTD
topic Onderwyser
Aanmelding
Seksuele misbruik
Teacher
Reporting
Sexual abuse
spellingShingle Onderwyser
Aanmelding
Seksuele misbruik
Teacher
Reporting
Sexual abuse
Delport, Janine
Die rol van die onderwyser ten opsigte van die aanmelding van seksuele misbruik / Janine Delport
description Kinders bring ‘n groot gedeelte van hul tyd by die skool deur. Onderwysers is die enigste ander persone behalwe die gesin wat op ‘n daaglikse basis kontak het met kinders. Onderwysers kan ‘n groot invloed uitoefen op kinders. Indien kinders probleme ervaar by die huis, kan hulle moontlik ‘n onderwyser daarvan vertel. Kinders kan moontlik seksuele misbruik bekend maak aan onderwysers. Indien kinders nie seksuele misbruik bekend maak nie, toon hulle egter soms simptome wat as indikatore kan dien dat hulle seksueel misbruik word. Onderwysers moet egter oor die nodige kennisbasis beskik om hierdie indikatore te kan identifiseer. Indien kinders seksuele misbruik bekend maak, moet onderwysers weet hoe om te reageer op hierdie bekendmaking. Onderwysers het ‘n wetlike verpligting om seksuele misbruik aan te meld by die polisie. Om dit aan te meld, moet onderwysers egter kennis dra van hul wetlike verpligting en van die gevolge indien hulle dit nie sou aanmeld nie. Indien ‘n kind seksuele misbruik bekend maak, behoort daar ‘n prosedure in plek te wees by skole om die aanmelding van seksuele misbruik te fasiliteer. Die doelstelling van die navorsing was om die rol van die onderwyser ten opsigte van die aanmelding van seksuele misbruik te ondersoek. Daar is van die opname prosedure gebruik gemaak om kwalitatiewe data te bekom. ‘n Nie–waarskynlikheidssteekproef en meer spesifiek ‘n toevallige steekproef is getrek en agt deelnemers is in ‘n hoofonde rsoek betrek, waar ‘n self–gestruktureerde onderhoudskedule gebruik is om die kennisbasis van onderwysers van seksuele misbruik vas te stel. Hierdie onderhoudskedule is gedurende persoonlike onderhoude gebruik met die agt deelnemers. Dit is vanuit die bevindinge duidelik dat die kennisbasis van onderwysers ten opsigte van seksuele misbruik beperk is. Onderwysers weet nie hoe om die bekendmaking van seksuele misbruik te hanteer nie. Indien kinders seksuele misbruik bekend maak, is daar nie prosedures in plek om die aanmelding van seksuele misbruik te fasiliteer nie. Onderwysers benodig meer opleiding om seksuele misbruik te hanteer, sodat hulle beter toegerus kan word om die aanmeldings van seksuele misbruik te verwys. === Thesis (M.A. (MW Forensic))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2011.
author Delport, Janine
author_facet Delport, Janine
author_sort Delport, Janine
title Die rol van die onderwyser ten opsigte van die aanmelding van seksuele misbruik / Janine Delport
title_short Die rol van die onderwyser ten opsigte van die aanmelding van seksuele misbruik / Janine Delport
title_full Die rol van die onderwyser ten opsigte van die aanmelding van seksuele misbruik / Janine Delport
title_fullStr Die rol van die onderwyser ten opsigte van die aanmelding van seksuele misbruik / Janine Delport
title_full_unstemmed Die rol van die onderwyser ten opsigte van die aanmelding van seksuele misbruik / Janine Delport
title_sort die rol van die onderwyser ten opsigte van die aanmelding van seksuele misbruik / janine delport
publisher North-West University
publishDate 2011
url http://hdl.handle.net/10394/4818
work_keys_str_mv AT delportjanine dierolvandieonderwysertenopsigtevandieaanmeldingvanseksuelemisbruikjaninedelport
_version_ 1716663918359740416