Summary: | Wetenskaplikes het onlangs getoon dat die besoedeling, veral die afkomstig
van organiese en chemiese materiale, verantwoordelik is vir tot 40% van
menslike sterftes wêreld wyd. Hierdie probleem is selfs meer kommerwekkend
as gevolg van die en groei in produksie van elektroniese afval. Verskeie
struikelblokke vir die behoorlike herwinning van elektroniese afval bemoedig 'n
meer koste effektiewe oplossing waarvolgens hierdie afval na armer,
ontwikkelende lande uitgevoer word.
Ontwikkelende lande so os byvoorbeeld die in Afrika, wat gekenmerk word
deur armoede, goedkoop handearbeid en onvoldoende wetlike regulering, is
vervolgens die perfekte stortingsgrond vir die ontwikkelde wêreld. Herwinning
in ontwikkelende lande verander in ongereguleerde berging van waardevolle
materiale, wat tot gevolg het dat handearbeiders gereeld blootgestel word aan
ander lewensgevaarlike materiale afkomstig vanuit die samestelling van
elektroniese afval. Alhoewel handel in elektroniese afval nog nie 'n bedreiging
vir Suid–Afrika inhou nie, gaan ander Afrika lande soos Ghana en Nigeria
gebuk onder die nadelige gevolge van oneffektiewe wetgewende beheer
maatstawwe. Die oneffektiewe regulering van elektroniese afval, die invoer en
die herwinning daarvan kan 'n grootskaalse toekomstige impak vir die
omgewing inhou. Vervolgens verlang hierdie verhandeling 'n ondersoek na die
mate waarin die internasionale, regionale en Suid–Afrikaanse regsraamwerk
voorsiening maak vir die regulering van elektroniese afval. === Thesis (LL.M. (Import and Export Law))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2011.
|