A quality health care strategy for Klerksdorp Hospital / Magome Albanos Masike
Klerksdorp hospitaal het tot onlangs net die oorwegende blanke, Indiër- en kleurlinggemeenskappe van Klerksdorp bedien. 'n Hospitaallangs die swart woongebied het die swart gemeenskappe bedien. Die veranderinge in die land het nuwe uitdagings aan die Klerksdorp hospitaal gestel. Die voorsiening...
Main Author: | |
---|---|
Language: | en |
Published: |
Potchefstroom University for Christian Higher Education
2014
|
Online Access: | http://hdl.handle.net/10394/10279 |
id |
ndltd-NWUBOLOKA1-oai-dspace.nwu.ac.za-10394-10279 |
---|---|
record_format |
oai_dc |
collection |
NDLTD |
language |
en |
sources |
NDLTD |
description |
Klerksdorp hospitaal het tot onlangs net die oorwegende blanke, Indiër- en kleurlinggemeenskappe
van Klerksdorp bedien. 'n Hospitaallangs die swart woongebied het die swart
gemeenskappe bedien. Die veranderinge in die land het nuwe uitdagings aan die Klerksdorp
hospitaal gestel. Die voorsiening van mediese sorg is net soveel 'n kwessie van sosiopolitiese
reëling as van die mediese wetenskap en verskil van land tot land, soos dit weerspieël
word deur die verskillende waardestelsels van die verskillende gemeenskappe. Die
huidige veranderinge binne die gesondheidsorg industrie is 'n weerspieëling van die politieke
veranderinge en sosiale samestelling van die gemeenskappe en beteken dat die veranderinge
sal aanpas by die uitdagings wat deur die omgewing gestel word.
Om die doel van hierdie skripsie te bereik moet 'n literatuur oorsig onderneem word om 'n
toepaslike teoretiese raamwerk te verskaf wat op praktiese oorwegings gebaseer is. Dit is
duidelik dat die belangrikste strategiese uitdagings wat aan die Klerksdorp hospitaal gestel
word, die reaksie op die verandering in omgewingsfaktore is. 'n Ontleding van die hospitaal
en sy omgewing, sowel as die huidige stand van strategiese beplanning sal gedoen word.
Hierdie ondersoek behoort ook insig te bied oor die stand van die huidige strategie en
werkswyse van die hospitaal. Daar sal ook na die beoogde toekomstige staat van die hospitaal
gekyk word. Dit is uit die bogenoemde bevindings dat 'n visie, 'n missie sowel as die waardes
wat die hospitaal moet dryf, geformuleer sal word, asook 'n bepaling of dit in pas is met die
mandaat van die hospitaal. Hierdie mandaat bestaan uit die verskaffing van kwaliteit gesondheidsorg
vir al Klerksdorp se inwoners.
Om kwaliteit mediese behandeling daar te stel is 'n realistiese sowel as 'n wenslike doelwit.
Die regte vlakke van hulpmiddels, kundigheid en kennis is noodsaaklik. Hierdie faktore kan
egter net met die wil en toewyding van al die deelnemers suksesvol wees. In die lig van hierdie
ontwikkelings en veranderings op die horison sal daar stappe geneem moet word om die
gevaar van stagnasie en daaropvolgend, die ontoepaslikheid van die mediese sorg vir die
mark te voorkom.
Met hierdie in ag geneem, word die doelwitte geformuleer en saamgevoeg tot 'n voorgestelde
strategie.
Hierdie strategiese plan sal deur die volgende boublokke geformuleer word:
• Die organisatoriese profiel en huidige strategie van die Klerksdorp hospitaal
• Die visie, missie, waardes en strategiese doelwitte
• Die ontleding van die makro omgewing
• Die ontleding van die bedryfsomgewing
• Die evaluasie van die interne organisasie
• Die formulering van die strategiese aksie planne .
Hierdie strategiese beplanning sal nie die belangrikheid van kwaliteit uit die oog verloor nie
en derhalwe ook daarop wys dat kwaliteit noodsaaklik is vir 'n gesondheidsorgdiens. Dit is
veral belangrik in 'n geval waar die diens geld kos. Die begrip waarde vir geld is 'n ou en aanvaarde
opvatting by die gemeenskap. Daarom is dit belangrik dat in die begroting, die beplanning-
en evaluasie-maatreëls ingesluit word in 'n poging om doeltreffendheid te behou en te
verbeter. Die maatstafwaarvolgens kwaliteit beoordeel word is afkomstig uit die sosiale en
kulturele norme van die gemeenskap en is daarom onderworpe aan verandering. 'n Dinamiese
en buigbare strategiese plan word vervolgens vereis om 'n hoe vlak van gesondheidsorg te
behaal, en om dit te behou.
Klerksdorp hospitaal is langs die sentrale besigheidsgebied geleë. Dit is 'n staatshospitaal wat
eers net 'n klein gedeelte van die gemeenskap bedien het. Daar is egter nou 'n verandering in
die bevolkingsamestelling en die hospitaal word nou hoofsaaklik deur die voorheen agtergeblewe
gemeenskap gebruik. Hierdie hospitaal dien ook as 'n verwysingshospitaal vir die
provinsie. Daar is 'n persepsie onder die voorheen agtergeblewe gemeenskappe dat die fasiliteite,
wat eers uitsluitlik vir die gebruik van blankes was, van 'n beter gehalte is as die wat
vir hulle bedoel was. Die gevolg hiervan is dat sodanige fasiliteite nou oorstroom word. Hierdie
is ook die geval met die Klerksdorp hospitaal.
Die personeelsamestelling, sowel as die hulpbronne, sal aangepas moet word by hierdie
omstandighede. Hierdie druk veroorsaak dat daar op die korttermyn aanpassing gemaak sal
moet word om uiteindelik die langtermyndoelwitte te kan bereik. Sosiale programme met
kleiner-wordende hulpbronne en met groter ekonomiese effektiwiteit word vereis.
Omgewings veranderinge lei tot die vraag na 'n meer eweredigverspreide, beter gehalte
gesondheidsorg, as 'n groter inspraak in die toeganklikheid tot hierdie sorg.
Die hospitaal is ook onder druk om onder hierdie omstandighede, sy mandaat uit te voer.
Gehalte gesondheidsorg bly 'n belangrike mikpunt tydens veranderende en uitdagende
omstandighede. Om hierdie doel te behaal sal die hospitaal aanpassings in sy toekomsbeplanning
moet maak. Maak die huidige beplanning optimaal gebruikvan al die hulpbronne? Is dit
effektief? Het die hospitaal die kapasiteit om onder die druk van die bogenoemde doeltreffend
sy funksies te vervul?
Teen die agtergrond van hierdie uitdagings sal die studie kyk na die stand van die strategiese
beplanning van die hospitaal om te bepaal watter van die bogenoemde neigings aangespreek
moet word. Die veranderinge in die omgewing lei tot belangstelling deur die gemeenskap
sowel as ander belanghebbendes in die wyses waarop die hospitaal hierdie veranderinge moet
hanteer. === Thesis (MBA)--PU for CHE, 1999 |
author |
Masike, Magome Albanos |
spellingShingle |
Masike, Magome Albanos A quality health care strategy for Klerksdorp Hospital / Magome Albanos Masike |
author_facet |
Masike, Magome Albanos |
author_sort |
Masike, Magome Albanos |
title |
A quality health care strategy for Klerksdorp Hospital / Magome Albanos Masike |
title_short |
A quality health care strategy for Klerksdorp Hospital / Magome Albanos Masike |
title_full |
A quality health care strategy for Klerksdorp Hospital / Magome Albanos Masike |
title_fullStr |
A quality health care strategy for Klerksdorp Hospital / Magome Albanos Masike |
title_full_unstemmed |
A quality health care strategy for Klerksdorp Hospital / Magome Albanos Masike |
title_sort |
quality health care strategy for klerksdorp hospital / magome albanos masike |
publisher |
Potchefstroom University for Christian Higher Education |
publishDate |
2014 |
url |
http://hdl.handle.net/10394/10279 |
work_keys_str_mv |
AT masikemagomealbanos aqualityhealthcarestrategyforklerksdorphospitalmagomealbanosmasike AT masikemagomealbanos qualityhealthcarestrategyforklerksdorphospitalmagomealbanosmasike |
_version_ |
1716715464364654592 |
spelling |
ndltd-NWUBOLOKA1-oai-dspace.nwu.ac.za-10394-102792014-09-30T04:06:31ZA quality health care strategy for Klerksdorp Hospital / Magome Albanos MasikeMasike, Magome AlbanosKlerksdorp hospitaal het tot onlangs net die oorwegende blanke, Indiër- en kleurlinggemeenskappe van Klerksdorp bedien. 'n Hospitaallangs die swart woongebied het die swart gemeenskappe bedien. Die veranderinge in die land het nuwe uitdagings aan die Klerksdorp hospitaal gestel. Die voorsiening van mediese sorg is net soveel 'n kwessie van sosiopolitiese reëling as van die mediese wetenskap en verskil van land tot land, soos dit weerspieël word deur die verskillende waardestelsels van die verskillende gemeenskappe. Die huidige veranderinge binne die gesondheidsorg industrie is 'n weerspieëling van die politieke veranderinge en sosiale samestelling van die gemeenskappe en beteken dat die veranderinge sal aanpas by die uitdagings wat deur die omgewing gestel word. Om die doel van hierdie skripsie te bereik moet 'n literatuur oorsig onderneem word om 'n toepaslike teoretiese raamwerk te verskaf wat op praktiese oorwegings gebaseer is. Dit is duidelik dat die belangrikste strategiese uitdagings wat aan die Klerksdorp hospitaal gestel word, die reaksie op die verandering in omgewingsfaktore is. 'n Ontleding van die hospitaal en sy omgewing, sowel as die huidige stand van strategiese beplanning sal gedoen word. Hierdie ondersoek behoort ook insig te bied oor die stand van die huidige strategie en werkswyse van die hospitaal. Daar sal ook na die beoogde toekomstige staat van die hospitaal gekyk word. Dit is uit die bogenoemde bevindings dat 'n visie, 'n missie sowel as die waardes wat die hospitaal moet dryf, geformuleer sal word, asook 'n bepaling of dit in pas is met die mandaat van die hospitaal. Hierdie mandaat bestaan uit die verskaffing van kwaliteit gesondheidsorg vir al Klerksdorp se inwoners. Om kwaliteit mediese behandeling daar te stel is 'n realistiese sowel as 'n wenslike doelwit. Die regte vlakke van hulpmiddels, kundigheid en kennis is noodsaaklik. Hierdie faktore kan egter net met die wil en toewyding van al die deelnemers suksesvol wees. In die lig van hierdie ontwikkelings en veranderings op die horison sal daar stappe geneem moet word om die gevaar van stagnasie en daaropvolgend, die ontoepaslikheid van die mediese sorg vir die mark te voorkom. Met hierdie in ag geneem, word die doelwitte geformuleer en saamgevoeg tot 'n voorgestelde strategie. Hierdie strategiese plan sal deur die volgende boublokke geformuleer word: • Die organisatoriese profiel en huidige strategie van die Klerksdorp hospitaal • Die visie, missie, waardes en strategiese doelwitte • Die ontleding van die makro omgewing • Die ontleding van die bedryfsomgewing • Die evaluasie van die interne organisasie • Die formulering van die strategiese aksie planne . Hierdie strategiese beplanning sal nie die belangrikheid van kwaliteit uit die oog verloor nie en derhalwe ook daarop wys dat kwaliteit noodsaaklik is vir 'n gesondheidsorgdiens. Dit is veral belangrik in 'n geval waar die diens geld kos. Die begrip waarde vir geld is 'n ou en aanvaarde opvatting by die gemeenskap. Daarom is dit belangrik dat in die begroting, die beplanning- en evaluasie-maatreëls ingesluit word in 'n poging om doeltreffendheid te behou en te verbeter. Die maatstafwaarvolgens kwaliteit beoordeel word is afkomstig uit die sosiale en kulturele norme van die gemeenskap en is daarom onderworpe aan verandering. 'n Dinamiese en buigbare strategiese plan word vervolgens vereis om 'n hoe vlak van gesondheidsorg te behaal, en om dit te behou. Klerksdorp hospitaal is langs die sentrale besigheidsgebied geleë. Dit is 'n staatshospitaal wat eers net 'n klein gedeelte van die gemeenskap bedien het. Daar is egter nou 'n verandering in die bevolkingsamestelling en die hospitaal word nou hoofsaaklik deur die voorheen agtergeblewe gemeenskap gebruik. Hierdie hospitaal dien ook as 'n verwysingshospitaal vir die provinsie. Daar is 'n persepsie onder die voorheen agtergeblewe gemeenskappe dat die fasiliteite, wat eers uitsluitlik vir die gebruik van blankes was, van 'n beter gehalte is as die wat vir hulle bedoel was. Die gevolg hiervan is dat sodanige fasiliteite nou oorstroom word. Hierdie is ook die geval met die Klerksdorp hospitaal. Die personeelsamestelling, sowel as die hulpbronne, sal aangepas moet word by hierdie omstandighede. Hierdie druk veroorsaak dat daar op die korttermyn aanpassing gemaak sal moet word om uiteindelik die langtermyndoelwitte te kan bereik. Sosiale programme met kleiner-wordende hulpbronne en met groter ekonomiese effektiwiteit word vereis. Omgewings veranderinge lei tot die vraag na 'n meer eweredigverspreide, beter gehalte gesondheidsorg, as 'n groter inspraak in die toeganklikheid tot hierdie sorg. Die hospitaal is ook onder druk om onder hierdie omstandighede, sy mandaat uit te voer. Gehalte gesondheidsorg bly 'n belangrike mikpunt tydens veranderende en uitdagende omstandighede. Om hierdie doel te behaal sal die hospitaal aanpassings in sy toekomsbeplanning moet maak. Maak die huidige beplanning optimaal gebruikvan al die hulpbronne? Is dit effektief? Het die hospitaal die kapasiteit om onder die druk van die bogenoemde doeltreffend sy funksies te vervul? Teen die agtergrond van hierdie uitdagings sal die studie kyk na die stand van die strategiese beplanning van die hospitaal om te bepaal watter van die bogenoemde neigings aangespreek moet word. Die veranderinge in die omgewing lei tot belangstelling deur die gemeenskap sowel as ander belanghebbendes in die wyses waarop die hospitaal hierdie veranderinge moet hanteer.Thesis (MBA)--PU for CHE, 1999Potchefstroom University for Christian Higher Education2014-03-26T09:54:12Z2014-03-26T09:54:12Z1998Thesishttp://hdl.handle.net/10394/10279en |