Die toets van ekstrakte uit Sutherlandia frutescens (Fabaceae) op Mycobaterium smegmatis in die behandeling van tering
Sutherlandia frutescens (L) R. Br. bevat verskeie essensiële bioaktiewe verbindings met farmakologiese aktiwiteite waarvoor daar kliniese bewyse bestaan. Sutherlandia word vir mense met tuberkulose voorgeskryf, maar niemand weet nog watter verbinding(s) in hierdie plant Mycobacterium tuberculosis en...
Main Authors: | , , |
---|---|
Format: | Article |
Language: | Afrikaans |
Published: |
South African Journal of Science and Technology
2017-12-01
|
Series: | South African Journal of Science and Technology |
Online Access: | https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/1494 |
Summary: | Sutherlandia frutescens (L) R. Br. bevat verskeie essensiële bioaktiewe verbindings met farmakologiese aktiwiteite waarvoor daar kliniese bewyse bestaan. Sutherlandia word vir mense met tuberkulose voorgeskryf, maar niemand weet nog watter verbinding(s) in hierdie plant Mycobacterium tuberculosis en die werking daarvan teenwerk nie. Hierdie studie het ten doel om te bepaal of S. frutescens antimikobateriële verbindings bevat. Bogrondse dele van S. frutescens is gedroog, gemaal en met etanol:metanol [1:1] (vol./vol.) en water onttrek. Die chemiese profiel is bepaal deur hoëverrigting vloeistofchromatografie-massaspektrometrie en dunlaagchromatografie te gebruik. Die plate vir dunlaagchromatografie is in butanol/asynsuur/water (BAW) [21:6:3], chloroform/metanol/water/mieresuur (CMWM1) [60:15:2:1] en CMWM2 [21:9:1:0.3] ontwikkel. ‘n Kwalitatiewe anti-oksidant-aktiwiteit is gedoen deur 2.2 difeniel-2-pikrielhidrasiel (DFPH) te gebruik. Die antimikobakteriële aktiwiteit van die plantekstrakte is geëvalueer deur mikro-verdunning en bio-outografiese metodes teen Mycobacterium smeagmatis te gebruik. Ons het lae antimikobateriële aktiwiteit teen M. smegmatis in die bio-outogramme waargeneem. Die profiele van die hoëverrigting vloeistofchromatograpfie-massaspektrometrie het meer verbindings in die etanol-ekstrakte as in die waterekstrakte bevat. Die gemiddelde waardes vir minimum inhibeerderkonsentrasie vir al die ekstrakte was 0,61mg/ml en die ekstrak vir DCM:MeOH (1:1) het die laagste minimum inhibeerderkonsentrasie-waarde, naamlik 0,28mg/ml, gehad. Die resultate het getoon dat die plant verder vir moontlike antimikobakteriële agente ondersoek kan word. Lae aktiwiteit is waargeneem, waarskynlik as gevolg van stadig vermeerderende bacilli en nie-vermeerderende organismes. Die studie bied voorlopige wetenskaplike ondersteuning vir die tradisionele medisinale gebruik van hierdie plant. |
---|---|
ISSN: | 0254-3486 2222-4173 |