Die plek en funksie van die Heidelbergse Kategismus in ’n omkeerstrategie in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
Die herdenking van die 450 jarige bestaan van die Heidelbergse Kategismus (1563−2013) is ’n baie besondere geleentheid. Dit is ’n geleentheid om ons in die ryke erfenis van die 16de-eeuse Reformasie te verheug. Dit is ook ’n geleentheid om met die oog op die toekoms van kerkwees oor die relevansie,...
Main Author: | |
---|---|
Format: | Article |
Language: | Afrikaans |
Published: |
AOSIS
2014-10-01
|
Series: | In die Skriflig |
Online Access: | http://www.inluceverbi.org.za/index.php/skriflig/article/view/1785 |
Summary: | Die herdenking van die 450 jarige bestaan van die Heidelbergse Kategismus (1563−2013) is ’n baie besondere geleentheid. Dit is ’n geleentheid om ons in die ryke erfenis van die 16de-eeuse Reformasie te verheug. Dit is ook ’n geleentheid om met die oog op die toekoms van kerkwees oor die relevansie, handhawing en belewing van hierdie erfenis te besin. Wat die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika betref, word hierdie besinning oor die plek en funksie van die Heidelbergse Kategismus (HK) in besonder in hierdie artikel gedoen in die lig van die sogenaamde omkeerstrategie waarop die Algemene Sinode van 2012 besluit het. Deputate wat die volgende sinode moet adviseer, het onder andere die opdrag om ’n studie te doen ‘… van die suiwerheid en toepaslikheid van die leer wat op elke vlak verkondig word, asook hoe dit verder uitgebou kan word’. In die artikel word beredeneer dat die volgende sake in die besinning oor ’n omkeerstrategie vir ’n kerkgemeenskap in die reformatoriese tradisie aandag sal moet ontvang: Die wese van die kerk, kerk en belydenis en die belydenis as deel van die wese van die kerk. Wat die HK in besonder betref, word aandag gegee aan die unieke aard daarvan, die kategismusprediking en die apologetiese en missionale gerigtheid daarvan omdat dit ’n belangrike onderdeel van die werk van bogenoemde deputate vorm. Die artikel word afgesluit met enkele slotopmerkings en ‘aanbevelings’ dat opnuut oor die kategismusprediking besin word en dat die handhawing van die belydenis in enige omkeerstrategie ononderhandelbaar is. |
---|---|
ISSN: | 1018-6441 2305-0853 |