Bakteriële populasieprofiele vanaf diesel verkry by vulstasies

Mikrobiese groei kan plaasvind in opgebergde dieselbrandstof. Hierdie groei kan die latere benutting van die brandstof in voertuie en noodkragopwekkers beïnvloed deurdat dit brandstoffilters verstop. Verder kan ’n mutualistiese mikrobegemeenskap ontwikkel wat polisikliese aromatiese koolwaterstowwe...

Full description

Bibliographic Details
Main Authors: Eduard Venter, Phumzile Sibisi, Natasha van de Haar, Adriaana Jacobs
Format: Article
Language:Afrikaans
Published: South African Journal of Science and Technology 2016-02-01
Series:South African Journal of Science and Technology
Subjects:
PAH
Online Access:http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/1359
Description
Summary:Mikrobiese groei kan plaasvind in opgebergde dieselbrandstof. Hierdie groei kan die latere benutting van die brandstof in voertuie en noodkragopwekkers beïnvloed deurdat dit brandstoffilters verstop. Verder kan ’n mutualistiese mikrobegemeenskap ontwikkel wat polisikliese aromatiese koolwaterstowwe (<em>PAK</em>) kan afbreek tot voordeel van mekaar. Dié projek se doelstelling was om die bakteriële gemeenskapsprofiel van gestoorde diesel te bepaal deur gebruik te maak van tegnieke wat beide die kweekbare en nie-kweekbare fraksies van die populasie bestudeer. Bakterieë en totale DNS is geïsoleer vanaf diesel en bestudeer deur gebruik te maak van denatureringsgradiënt jelelektroforese (DGGE) van die 16S ribosomale DNS (rDNS). Ses bakteriële stamme, afkomstig uit twee verskillende genera (verwant aan <em>Bacillus</em> en <em>Lysinibacillus</em>), is geïsoleer en kon as suiwer kulture groei met diesel as die enigste koolstofbron. Die DGGE-profiele het aangedui dat daar ’n verdere agt genera in die diesel voorkom. Beide die tegnieke het bakterieë geïdentifiseer wat verwant is aan <em>Bacillus pumilus. Bacillus pumilus</em> was die mees dominante spesie (50%) wat vanaf die kweekbare fraksie geïsoleer is. Die isolering van bakterieë wat voorkom in kommersieel verkrygde diesel kan gebruik word om die graad van diesel afbraak tydens die berging daarvan te bepaal. Dit kan ook verder gebruik word om bioremediëring van diesel besoedeling te bewerkstellig.
ISSN:0254-3486
2222-4173