Die menslike liggaam as fisiologiese eenheid*

Die menslike liggaam is ’n fisiologiese eenheid wat uit ongeveer 12 miljard sub-eenhede, die lewende selle saamgestel is. Elke individuele sel kan beskou word as ’n lewende eenheid, om dat elkeen m eeste of al die fisiologiese lewenskenm erke van die geheel soos prikkelbaarheid, geleidingsvermoë...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: P. J. Pretorius
Format: Article
Language:Afrikaans
Published: Scriber Editorial Systems 1968-03-01
Series:Koers : Bulletin for Christian Scholarship
Online Access:https://www.koersjournal.org.za/index.php/koers/article/view/1270
Description
Summary:Die menslike liggaam is ’n fisiologiese eenheid wat uit ongeveer 12 miljard sub-eenhede, die lewende selle saamgestel is. Elke individuele sel kan beskou word as ’n lewende eenheid, om dat elkeen m eeste of al die fisiologiese lewenskenm erke van die geheel soos prikkelbaarheid, geleidingsvermoë, energietransformering en voortplanting vertoon. Die eenheid van die lewende sel kom tot stand om dat talryke biochemiese en biofisiese prosesse van molekules en selorganelle en boueenhede van die sel noukeurig beheer word. Die funksies van die selle word in die weefsels en organe só gekoordineer dat ’n volgende vlak van eenheid m et wyer omvang tot stand kom. Die afsonderlike funksies van die weefsels en organe word op hul beurt w eer gekottrdineer en geïntegreer in die groter geheel van die eenheid van die liggaam, waarbinne die voortbestaan en optimale funksionering van elkeen van die lewende onderdele verseker word. Terwyl elke sel dus die voordeel van die instandhouding van die geheel as eenheid geniet, dra d it op sy beurt weer aktief by om die voortbestaan en doeltreffende funksionering van die geheel moontlik te maak.
ISSN:0023-270X
2304-8557