Mēden diakrinomenosin Handelinge 10:20 as entscheidenden Wendepunkt-voorskrif van die Gees
Daar word meestal aanvaar dat die woord διακρινόμενοςin Handelinge 10:20 vir die betekenis ‘huiwer/twyfel’ gebruik word en dat Petrus volgens hierdie vers die opdrag kry om saam met Kornelius se mense te gaan ‘sonder om te huiwer’. In hierdie artikel word egter aangetoon dat die woord διακρινόμενοςi...
Main Author: | |
---|---|
Format: | Article |
Language: | Afrikaans |
Published: |
AOSIS
2013-11-01
|
Series: | In die Skriflig |
Subjects: | |
Online Access: | http://www.indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/1046 |
Summary: | Daar word meestal aanvaar dat die woord διακρινόμενοςin Handelinge 10:20 vir die betekenis ‘huiwer/twyfel’ gebruik word en dat Petrus volgens hierdie vers die opdrag kry om saam met Kornelius se mense te gaan ‘sonder om te huiwer’. In hierdie artikel word egter aangetoon dat die woord διακρινόμενοςin die vers vir die betekenis ‘om onderskeid te tref’ gebruik word en dat die Heilige Gees met die woorde μηδὲν διακρινόμενοςaan Petrus en die Christelike Kerk ’n entscheidenden Wendepunkt[belangrike keerpunt]-voorskrif gee. Dit is ’n voorskrif wat aandui dat ’n spesifieke bedeling tot ’n einde gekom het, naamlik die bedeling waarin Israel onderskeid ten opsigte van voedsel en van mense moes tref. Die voorskrif van die Gees μηδὲνδιακρινόμενοςgee ook ’n aanduiding van ’n nuwe bedeling wat aangebreek het. In die nuwe bedeling hoef mense nie eers deel van Israel te word voordat hulle vir God aanvaarbaar is nie. Hierdie nuwe bedeling het God deur Jesus Christus en sy versoeningswerk laat aanbreek. In die nuwe bedeling is God nie meer net die God van Israel nie, maar is sy Gesalfde Here van almal en Regter oor alle mense van alle tye. In hierdie bedeling ontvang elke mens van alle volke wat in Jesus Christus glo, vergifnis in sy Naam en is almal wat in Hom glo, één. |
---|---|
ISSN: | 1018-6441 2305-0853 |