’n Teoretiese besinning oor die implikasies van die filosofie van tegnologie vir klaskamerpraktyk
Onderrigprogramme vir tegnologie-onderwys en die fasilitering daarvan op krytvlak gaandikwels mank aan ’n wetenskaplik deurdagte, vakgefundeerde, filosofiese raamwerk watrigtinggewend vir die verskillende aspekte van klaskamerpraktyk is. Wat sake kompliseer,is die feit dat tegnologie op skoolvlak ta...
Main Author: | |
---|---|
Format: | Article |
Language: | Afrikaans |
Published: |
South African Journal of Science and Technology
2013-04-01
|
Series: | South African Journal of Science and Technology |
Online Access: | http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/viewFile/386/675 |
Summary: | Onderrigprogramme vir tegnologie-onderwys en die fasilitering daarvan op krytvlak gaandikwels mank aan ’n wetenskaplik deurdagte, vakgefundeerde, filosofiese raamwerk watrigtinggewend vir die verskillende aspekte van klaskamerpraktyk is. Wat sake kompliseer,is die feit dat tegnologie op skoolvlak tans wêreldwyd ’n ontwikkelende vak is waarvoor daarnie ’n ekwivalente akademiese dissipline bestaan wat as bron vir kurrikulumontwikkeling enklaskamerpraktyk dien en waarop daar in die klaskamer prakties en daadwerklik gesteunkan word nie. Die doel met die artikel was om ondersoek in te stel na ’n filosofiese raamwerkvir tegnologie wat rigtinggewend vir klaskamerpraktyk is. Die volgende navorsingsvrae hetas vertrekpunt gedien, naamlik, (1) watter aspekte van ’n wetenskaplik deurdagte, filosofieseraamwerk vir tegnologie kan rigtinggewend vir klaskamerpraktyk wees en (2) wat is die implikasiesvan ’n filosofiese raamwerk vir tegnologie wat betref bepaalde aspekte van klaskamerpraktyk,byvoorbeeld onderrigbenaderings, leeruitkomste en leerinhoud? In antwoord op die eerstenavorsingsvraag is bevind dat ’n filosofiese raamwerk vir tegnolgie, aan die hand van die vierwyses waarop tegnologie manifesteer – naamlik as ontologie, epistemologie, metodologie enwilshandeling – rigtinggewend vir klaskamerpraktyk kan wees. Verder hou die onderwyser sekeuse van leeruitkomste, breë onderrigbenaderings, -strategieë en -vaardighede, asook die tipeskonseptuele en prosedurekennis wat onderrig moet word, ten nouste verband met die filosofiesebegronding van tegnologie as fenomeen. In antwoord op die tweede navorsingsvraag kanonderwysers se kennis en begrip van ’n filosofiese raamwerk vir tegnologie as grondslag dien virbepaalde keuses wat hulle moet uitoefen in terme van leeruitkomste, breë onderrigbenaderings, -strategieë en -vaardighede, asook die tipes konseptuele en prosedurekennis wat onderrig moetword – en dus rigtinggewend vir klaskamerpraktyk word.A theoretical reflection on the implications of the philosohy of technology for classroompedagogy. Learning programmes for technology education and its facilitation at chalk leveloften lack a scientifically founded, subject-based, philosophical framework. Matters arecomplicated by the fact that technology at school level is globally a developing subject withno existing equivalent academic discipline which can serve as a source of curriculumdevelopment and classroom pedagogy to rely upon in practice. The purpose of the article wasto do an investigation into a philosophical framework of technology that can be directive toclassroom pedagogy. The following research questions served as a departure point for thetheoretical reflection that underpinned the article, namely, (1) which aspects of a scientificallyfounded philosophical framework of technology can be directive to classroom pedagogy and(2) what are the implications of a philosophical framework of technology for specific aspectsof classroom pedagogy, for example instructional approaches, learning outcomes and learningcontent? In answer to the first research question, it was found that a philosophical frameworkof technology, based on the four modes of the manifestation of technology – namely as object,knowledge, activity, and volition – can be directive to classroom pedagogy. The teacher’schoice of learning outcomes, broad instructional approaches, strategies and skills, as well as thetypes of conceptual and procedural knowledge that should be taught, is closely related to thephilosophical underpinning of technology as phenomenon. In answer to the second researchquestion, teachers’ knowledge and understanding of a philosophical framework of technologycan support the specific choices that they must make regarding the learning outcomes, broadinstructional approaches, strategies and skills, as well as the types of conceptual and proceduralknowledge that should be taught – and hence become directive to classroom practice. |
---|---|
ISSN: | 0254-3486 2222-4173 |