Avifauna in grasveldgemeenskappe op enkele binnelandse lughawens in Suid-Afrika

Nagenoeg 5 000 individue van 51 voëlsoorte wat potensiële gevaar vir lugvaart ingehou het, is oor ’n tydperk van elf jaar (Januarie 1985 – Desember 1995) op die Bloemfontein-lughawe versamel. Meer as die helfte van die voëlsoorte kan as grondlewende spesies van medium grootte beskou word waarvan...

Full description

Bibliographic Details
Main Authors: A. C. Kok, O. B. Kok
Format: Article
Language:Afrikaans
Published: South African Journal of Science and Technology 2002-09-01
Series:South African Journal of Science and Technology
Online Access:http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/239
Description
Summary:Nagenoeg 5 000 individue van 51 voëlsoorte wat potensiële gevaar vir lugvaart ingehou het, is oor ’n tydperk van elf jaar (Januarie 1985 – Desember 1995) op die Bloemfontein-lughawe versamel. Meer as die helfte van die voëlsoorte kan as grondlewende spesies van medium grootte beskou word waarvan die kroonkiewiet  (<em>Vanellus coronatus</em>) verreweg die belangrikste is. ’n Soortgelyke spesiesamestelling het op die Kimberley-lughawe voorgekom in teenstelling met die groter persentasie watergeassosieerde voëlsoorte op die Johannesburg-lughawe. Indirek blyk voedselbeskikbaarheid een van die belangrikste omgewingsfaktore in die voorkoms van die vyf dominante voëlsoorte op die Bloemfontein-lughawe te wees.
ISSN:0254-3486
2222-4173