Lokalisering van intrasellulêre kalsium in die neutrofiel deur selektiewe presipitering met die antimonaatioon
Die antimonaatioon is vir die eerste keer in 1962 deur Komnick gebruik om intrasellulêre natrium te presipiteer, maar sedertdien is daar aangetoon dat die antimonaatioon ook vir die presipitering van ander katione gebruik kan word. Tans word die antimonaatioon merendeels gebruik vir die presipiterin...
Main Authors: | , , |
---|---|
Format: | Article |
Language: | Afrikaans |
Published: |
South African Journal of Science and Technology
2001-09-01
|
Series: | South African Journal of Science and Technology |
Online Access: | http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/243 |
Summary: | Die antimonaatioon is vir die eerste keer in 1962 deur Komnick gebruik om intrasellulêre natrium te presipiteer, maar sedertdien is daar aangetoon dat die antimonaatioon ook vir die presipitering van ander katione gebruik kan word. Tans word die antimonaatioon merendeels gebruik vir die presipitering van intrasellulêre kalsium in kalsiumlokaliseringstudies. Die grootste probleem wat egter ondervind word met die gebruik van die antimonaatioon in kalsiumlokaliseringstudies, is die selektiwiteit van die antimonaatioon vir kalsium in die teenwoordigheid van die ander intrasellulêre katione. Met verskeie x-straalanalises en keleringstudies is daar aangetoon dat die antimonaatioon-presipiteringsreaksie onder bepaalde reaksiekondisies, tog spesifiek kan wees vir kalsium. ’n Transmissie- elektronmikroskopie-metode vir die selektiewe lokalisering van intrasellulêre kalsium in die neutrofiel deur die antimonaatioon word bespreek. Daar word aangetoon dat kalsium wel selektief gepresipiteer kan word deur die antimonaatioon onder bepaalde eksperimentele toestande. |
---|---|
ISSN: | 0254-3486 2222-4173 |