J.M. Coetzee’s <i>Life and Times of Michael K</i> and <i>Foe</i> as Postmodernist Allegories

J.M. Coetzee is een van die kontemporêre skrywers vir wie postmodernistiese allegoric ’n bruikbare metafoor geword het. Sy verhale karteer die geaardheid, implikasies en gevolge van die misbruik van mag, en die mite van kolonialisme word ontleed en onthul. Life and Times of Michael K kan op die univ...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: L. O’Connell
Format: Article
Language:Afrikaans
Published: AOSIS 1989-05-01
Series:Literator
Online Access:https://literator.org.za/index.php/literator/article/view/821
Description
Summary:J.M. Coetzee is een van die kontemporêre skrywers vir wie postmodernistiese allegoric ’n bruikbare metafoor geword het. Sy verhale karteer die geaardheid, implikasies en gevolge van die misbruik van mag, en die mite van kolonialisme word ontleed en onthul. Life and Times of Michael K kan op die universele sowel as op die spesifiek Suid-Afrikaanse vlak geinterpreteer word. Michael K word die simbool van die mens se persoonlike vryheid, persoonlike identiteit en waardigheid. Sy stryd om vryheid is ironies in die lig van die feit dat die oorlog waaraan hy probeer ontkom, geveg word juis om minderheidsgroepe inspraak in hulle toekoms te verseker. Foe ondersoek die verhouding van vertelling en gebeure, waarheid en fiksie. Friday se stilte word ’n manifestasie van die eksistensiële niet. Soos dit in hierdie roman ontplooi, is dit die taak van die skrywer om die gemeenskap aan homself te openbaar, sodat die spraaklose weer resonasie gegee word.
ISSN:0258-2279
2219-8237