Huldeblyk Hennie Aucamp (1934–2014)

In die laaste jare van sy lewe het Hennie Aucamp met ’n soort gedrewenheid die een publikasie ná die ander die lig laat sien asof hy duidelik daarvan bewus was dat sy dae min geword het vir die afhandeling van sy laaste paar skryfprojekte. Die digbundel Skulp, voorlopig laaste boek uit sy pen, word...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: Andries Visagie
Format: Article
Language:Afrikaans
Published: Tydskrif vir Letterkunde Association 2017-03-01
Series:Tydskrif vir Letterkunde
Subjects:
Online Access:https://journals.assaf.org.za/index.php/tvl/article/view/1827
Description
Summary:In die laaste jare van sy lewe het Hennie Aucamp met ’n soort gedrewenheid die een publikasie ná die ander die lig laat sien asof hy duidelik daarvan bewus was dat sy dae min geword het vir die afhandeling van sy laaste paar skryfprojekte. Die digbundel Skulp, voorlopig laaste boek uit sy pen, word juis elders in hierdie uitgawe van Tydskrif vir letterkunde geresenseer, maar dit is goed moontlik dat daar in sy nalatenskap nog talle manuskripte is wat met- tertyd die lig kan sien. Hoewel Aucamp enkele van sy dagboeke waaronder Gekaapte tyd (1996) vir publikasie beskikbaar gestel het, is dit bekend dat hy sedert sy jeug getrou dagboek gehou het. Aucamp het sy dokumente noukeurig laat bewaar in die J. S. Gerickebiblioteek van die Universiteit van Stellenbosch en daar is ongetwyfeld nog baie stof wat wag op die ondernemende redakteur en navorser.
ISSN:0041-476X
2309-9070