Resepsies van Catullus se <i>Carmen</i> XLIX

Gaius Valerius Catullus (c. 84-c. 54 v.C.), die Romeinse digter wat veral bekend is vir sy verse aan sy geliefde Lesbia, het benewens liefdesgedigte ook ’n hele aantal verse geskryf waarin van sy lydgenote figureer. Hierdie gedigie wat aan spesifieke persone gerig is, is wyd uiteenlopend en die toon...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: J. Swanepoel
Format: Article
Language:Afrikaans
Published: AOSIS 1984-05-01
Series:Literator
Online Access:https://literator.org.za/index.php/literator/article/view/894
Description
Summary:Gaius Valerius Catullus (c. 84-c. 54 v.C.), die Romeinse digter wat veral bekend is vir sy verse aan sy geliefde Lesbia, het benewens liefdesgedigte ook ’n hele aantal verse geskryf waarin van sy lydgenote figureer. Hierdie gedigie wat aan spesifieke persone gerig is, is wyd uiteenlopend en die toon en strekking daarvan wissel van toegeneentheid en liefde enersyds (vgl. Carmen IX) tot felie invektief (Carmina CVIII, XCIII) en spot (Carmen LXXXIV) andersyds. Die leser kan gewoonlik maklik vasstel of hy in ’n gedig met vriend of vyand te doen liet. Maar daar is een uitsondering, en dit is Catullus se gedig aan die Romeinse staatsman, retor en skrywer, Marcus Tullius Cicero. Hierdie gedig, wat soos die meeste van Catullus se gedigte heel kort en kragtig is, is deur die eeue op uiteenlopende en botsende wyses geinterpreteer. Enersyds word dit beskou as ’n opregte dankbetuiging en lofprysing aan Cicero, terwyl ander lesers dit weer sien as ’n gedig wat ironies bedoel is.
ISSN:0258-2279
2219-8237