‘Never one thing. Always one thing and another’: ’n Inleidende poëtikale vergelyking van Ivan Vladislavić en Etienne Leroux

As talestudent aan Wits, in die sewentigerjare, was Ivan Vladislavić se hoofvakke Engels en Afrikaans. Hy erken in onderhoude die invloed van Afrikaanse skrywers soos Breyten Breytenbach, Jan Rabie, John Miles en Etienne Leroux op sy eie werk. Vladislavić se werk vind opvallend aansluiting by dié va...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: Phil van Schalkwyk
Format: Article
Language:Afrikaans
Published: AOSIS 2012-12-01
Series:Literator
Online Access:https://literator.org.za/index.php/literator/article/view/376
Description
Summary:As talestudent aan Wits, in die sewentigerjare, was Ivan Vladislavić se hoofvakke Engels en Afrikaans. Hy erken in onderhoude die invloed van Afrikaanse skrywers soos Breyten Breytenbach, Jan Rabie, John Miles en Etienne Leroux op sy eie werk. Vladislavić se werk vind opvallend aansluiting by dié van Etienne Leroux. Die poëtikale verwantskap tussen Vladislavić en Leroux is veral in die volgende geleë: eerstens, dat albei skrywers verrys bo ’n skryfmodus wat kenmerkend van hul tyd was of daaraan voorafgegaan het en, tweedens, dat hulle ’n opvallend gelyksoortige keuse maak, naamlik ten gunste van die verbeelding. Sowel Vladislavić as Leroux se skrywerskap volg op kritieke historiese keerpunte: onderskeidelik die Tweede Wêreldoorlog en die val van apartheid. In albei gevalle is die samelewing se geloof in die bestaande orde en sy funderingsmites ernstig aangetas. In my bydrae vergelyk ek die outeurspoëtika van Vladislavić en Leroux met spesifieke aandag aan hul skryfkundige besinning oor (historiese) oorgang en verandering. Wat betref eksterne poëtika, gaan ek uitvoerig in op geselekteerde onderhoude met, en essays van, beide. Aangesien dit hier om ’n eerste of inleidende verkenning gaan, beperk ek my sover dit interne poëtika aangaan vernaamlik tot die studie van kortprosa. Daar word gefokus op geselekteerde kortverhale in Vladislavić se Propaganda by Monuments en Leroux seTussenspel.
ISSN:0258-2279
2219-8237