Dias en Da Gama, Van Wyk Louw en Camões (her)besoek

Alhoewel Bartolomeus Dias die eerste Portugese ontdekker was wat om die suidelikste kaap van Afrika geseil het, neem hy in die wêreldgeskiedenis ’n geringe plek in. Sy landgenoot Vasco da Gama het, deur ook om die Kaap te vaar, die eerste seevaarder geword om die Ooste te bereik. Nieteenstaande Dias...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: Johan L. Coetser
Format: Article
Language:Afrikaans
Published: AOSIS 2014-09-01
Series:Literator
Description
Summary:Alhoewel Bartolomeus Dias die eerste Portugese ontdekker was wat om die suidelikste kaap van Afrika geseil het, neem hy in die wêreldgeskiedenis ’n geringe plek in. Sy landgenoot Vasco da Gama het, deur ook om die Kaap te vaar, die eerste seevaarder geword om die Ooste te bereik. Nieteenstaande Dias se geringer prestasie, het N.P. van Wyk Louw verkies om ’n radiodrama oor die gedeelte van Dias se vaart om die Suid-Afrikaanse kus te skryf. Daarteenoor is die geskiedenis van Da Gama se vaart in ’n epiese gedig deur Luís Vaz de Camões opgeteken in sy Os Lusíadas (1572), of Die seuns van Portugal. Die vraag wat ek wil beantwoord, gaan oor die plek en belang wat die dramaturg in Dias (1952) aan temas heg wat teruggevoer kan word tot kanto 5 van Os Lusíadas (1572). Ek neem aan dat die twee tekste met mekaar vergelyk kan word op grond van die teenwoordigheid van die mitiese karakter Adamastor in albei. Soos in Os Lusíadas (1572) neem Adamastor in Dias (1952) die vorm aan van ’n storm. My gevolgtrekking is dat albei tekste, ondanks verskillende oorspronge, ’n allegoriese en ’n nasionale aard vertoon. Die verskillende oorspronge maak dit moontlik om ’n hersiene interpretasie van Dias (1952) te gee.
ISSN:0258-2279
2219-8237