Johann R.E. Lutjeharms. Oseanologiewoordeboek Engels?Afrikaans/Dictionary of Oceanology English?Afrikaans

Een van die opvallende kenmerke van die onlangse ontwikkeling in die teoretiese leksikografie is die klem op die onderskeid tussen algemene leksikografie en gespesialiseerde leksikografie en die daaruitspruitende opbloei in die leksikografiepraktyk van vak- of gespesialiseerde woordeboeke. Hierdie n...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: R.H. Gouws
Format: Article
Language:Afrikaans
Published: Woordeboek van die Afrikaanse Taal-WAT 2011-10-01
Series:Lexikos
Online Access:http://lexikos.journals.ac.za/pub/article/view/707
Description
Summary:Een van die opvallende kenmerke van die onlangse ontwikkeling in die teoretiese leksikografie is die klem op die onderskeid tussen algemene leksikografie en gespesialiseerde leksikografie en die daaruitspruitende opbloei in die leksikografiepraktyk van vak- of gespesialiseerde woordeboeke. Hierdie nuwe generasie vakwoordeboeke is leksikografiese naslaanbronne waarvan die samestelling voorafgegaan is deur die opstel van 'n volwaardige woordeboekplan wat voorsiening maak vir sowel 'n vakkundige basis as 'n stewige metaleksikografiese grondslag. Soos in die algemene leksikografie staan die gebruiker en sy/haar behoeftes ook sentraal in die opstel van vakwoordeboeke, en in die vasstelling van die gebruikersprofiel word die aard en omvang van die leksikografiese bewerking grootliks bepaal deur leksikografiese funksies. In hierdie verband is multifunksionele woordeboeke dikwels die teiken van die leksikografiese proses met 'n aanbod wat vir sowel kennisgerigte as kommunikasiegerigte funksies voorsiening maak.
ISSN:1684-4904
2224-0039