Meervoudige denke: Versmoor/vermoor instellings denke?
Denke is die mees uitsonderlike vermoë van mense. Vir mense om volwaardige mense te wees, is die volle ontwikkeling van hierdie vermoë noodsaaklik. Wanneer dit afgeskeep word, word mense tot minder as mense en alle verhoudinge waarby mense betrokke is ly op een of ander wyse skade. Hierdie skade kan...
Main Author: | |
---|---|
Format: | Article |
Language: | English |
Published: |
AOSIS
2010-03-01
|
Series: | The Journal for Transdisciplinary Research in Southern Africa |
Subjects: | |
Online Access: | http://www.td-sa.net/index.php/td/article/view/261 |
Summary: | Denke is die mees uitsonderlike vermoë van mense. Vir mense om volwaardige mense te wees, is die volle ontwikkeling van hierdie vermoë noodsaaklik. Wanneer dit afgeskeep word, word mense tot minder as mense en alle verhoudinge waarby mense betrokke is ly op een of ander wyse skade. Hierdie skade kan mettertyd katastrofiese afmetings aanneem. Dit kan samelewings in duie laat stort; dit kan selfs die ondergang van beskawings beteken.
Hierdie artikel besin oor die belangrikheid van meervoudige of komposisionele denke, as die ideale denkvorm, oor die wesenlike probleem dat denkontwikkeling verhinder word omdat daar eerder op enkelvoudige denke, as maklik aanleerbare denkvorm, klem gelê word en oor die moontlike armoedige gevolge hiervan vir indiwidue en samelewings van sodanige strategieë, soos dit veral in institusionele verbande tot uitdrukking kom, verwesenlik word, selfs afgedwing word: onderwys, politiek, kultuur. Die versmoring/vermoording van denke word ‘n werklikheid. Uiteindelik word enkelvoudige denke die houding van die hele samelewing.
Die ernstige afmetinge wat die verlies aan deeglike denke reeds aangeneem het, is van groot omvang. Dit raak skole, universiteite, wetenskapwerk, politieke instellings, administratiewe aktiwiteite oor ‘n breë spektrum – eintlik alreeds die hele samelewing. Hiermee word ons voor groot uitdaginge gestel. Indien hierdie oorwoë argumente geldig is, soos baie inderdaad beweer, moet die situasie ten alle koste omgekeer word. Voorstelle word in hierdie verband gemaak.
Dit is allereers nodig om die gebrekkigheid van gebrekkige denke en die gevolge daarvan te bedink. Verder moet besef word dat gesindheid en ingesteldheid ten opsigte van armoedige denke moet verander, die armoede daarvan moet aanvaar word en ook dat ander denkweë moontlik is. Terselfdertyd behoort ‘n besef lewendig gehou te word dat die kompleksiteit van die werklikheid, mensewerklikheid en natuurwerklikheid, groot en meervoudig in omvang is. Geen enkelvoudige, lineêre en dus reduktiewe denke, sou afdoende antwoorde op hierdie uitdagings van so ‘n werklikheid kon verskaf nie. Slegs denke wat bereid is om die volle rykdom van die werklike te aanvaar en dienooreenkomstig aan die dink te raak, kan hoop op sinverwesenliking en mens-en werklikheidsverryking bewerkstellig.
Trefwoorde: lineere denke; protesterende denke; meervoudige denke; komposisionele denke; meervoudige werklikheid.
Dissipline: Interdissipline |
---|---|
ISSN: | 1817-4434 2415-2005 |