Strategieë om die implementering van die Suid-Afrikaanse professionele leergemeenskapmodel te bevorder
<span>Die </span><em>Geïntegreerde Strategiese Beplanningsraamwerk vir Onderwyseropleiding en -ontwikkeling in Suid-Afrika 2011–2025</em><span> vereis dat vakverwante professionele leergemeenskappe tussen 2011 en 2017 op skool- en distriksvlak gevestig word. Die doel da...
Main Authors: | , |
---|---|
Format: | Article |
Language: | Afrikaans |
Published: |
South African Journal of Science and Technology
2014-02-01
|
Series: | South African Journal of Science and Technology |
Subjects: | |
Online Access: | http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/776 |
Summary: | <span>Die </span><em>Geïntegreerde Strategiese Beplanningsraamwerk vir Onderwyseropleiding en -ontwikkeling in Suid-Afrika 2011–2025</em><span> vereis dat vakverwante professionele leergemeenskappe tussen 2011 en 2017 op skool- en distriksvlak gevestig word. Die doel daarvan is om onderwysers van geleenthede te voorsien om hul eie leerbehoeftes te identifiseer en te vervul. Slegs sommige van die Distriksonderwysersontwikkelingsentra wat as vergaderplekke moet dien, hoef egter teen 2025 gereed te wees. Die gaping tussen beleid en die implemetering daarvan kan die vestiging van professionele leergemeenskappe rem en selfs verhoed. Drie implementeringsprobleme wat die professionele leergemeenskapmodel op die berugte onderwyshervormingsiklus kan stuur, word geïdentifiseer ten einde strategieë aan die hand te doen om die probleme op te los. Die ondersoek het tot die voorstel gelei dat ’n gekoördineerde benadering noodsaaklik geword het ten einde te verhoed dat die professionele leergemeenskapmodel die prooi van die berugte onderwyshervormingsiklus word.</span> |
---|---|
ISSN: | 0254-3486 2222-4173 |