Voeding en fisieke welstand as deel van die skoolkurrikulum: ’n Intervensie in ’n onderwysopleidingprogram
Hierdie artikel beskryf onderwysstudente se deelname aan simulasiespele tydens ’n ekskursie. Daar word gekyk na hoe die Verenigde Nasies se agt millennium-ontwikkelingsdoelwitte betrek kan word in die opleidingskurrikulum vir onderwysers. In die besonder word daar gefokus op aktiwiteite wat gerig is...
Main Authors: | , |
---|---|
Format: | Article |
Language: | Afrikaans |
Published: |
South African Journal of Science and Technology
2013-02-01
|
Series: | South African Journal of Science and Technology |
Subjects: | |
Online Access: | http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/771 |
Summary: | Hierdie artikel beskryf onderwysstudente se deelname aan simulasiespele tydens ’n ekskursie. Daar word gekyk na hoe die Verenigde Nasies se agt millennium-ontwikkelingsdoelwitte betrek kan word in die opleidingskurrikulum vir onderwysers. In die besonder word daar gefokus op aktiwiteite wat gerig is om voornemende onderwysers meer sensitief te maak vir die MIV en VIGS-pandemie en voedselsekuriteit. Die navorsers werk vanuit ’n nieu-Vygotskiaanse vertrekpunt wat bekend staan as aktiwiteitsteorie, waarbinne hulle simulasiespele as die primêre werktuig vir studente se deelname beskou. Die studente neem deel in ’n homo ludensmodus (dié van die spelende mens, volgens Huizinga 1955) as ’n vorm van beliggaamde betekenisgewing. Deur van aktiwiteitsteorie as ’n lens gebruik te maak, word daar voorgestel dat die ekskursiekurrikulum belofte inhou vir die leerproses van studente aangaande sake rakende MIV- en VIGS-opvoeding, armoede en voedselsekuriteit. |
---|---|
ISSN: | 0254-3486 2222-4173 |