Die verspreiding en habitats van <i>Burnupia mooiensis</i> in Suid-Afrika: (Walker 1912 [Gastropoda: Ancylidae])

<em>Burnupia mooiensis</em> is reeds in 1912 vanaf eksemplare uit die Mooirivier, Potchefstroom beskryf en die oudste monster is in 1956 in die Nasionale Varswaterslakversameling (NVWSV) opgeneem. Op die oomblik is daar 14 spesies van Burnupia op rekord, maar tot dusver is die geografies...

Full description

Bibliographic Details
Main Authors: Kenné N. de Kock, Cornelius T. Wolmarans
Format: Article
Language:Afrikaans
Published: South African Journal of Science and Technology 2016-02-01
Series:South African Journal of Science and Technology
Subjects:
Online Access:http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/1372
Description
Summary:<em>Burnupia mooiensis</em> is reeds in 1912 vanaf eksemplare uit die Mooirivier, Potchefstroom beskryf en die oudste monster is in 1956 in die Nasionale Varswaterslakversameling (NVWSV) opgeneem. Op die oomblik is daar 14 spesies van Burnupia op rekord, maar tot dusver is die geografiese verspreiding en habitatvereistes van slegs twee spesies, naamlik <em>B. capensis </em>en <em>B. stenochorias</em> gepubliseer. Die geografiese verspreiding van die 224 monsters van <em>B. mooiensis</em> wat in die databasis van die NVWSV op rekord is en bepaalde aspekte van die vindplekke is ontleed, terwyl die voorkomsfrekwensie by verskillende watermassatipes, watertoestande en substrata in tabelle weergegee is. Data is statisties verwerk om habitatvereistes vas te stel. Die grootste persentasie monsters was afkomstig uit riviere (57.59%), asook uit spruite (18.30%) en die meerderheid is versamel in standhoudende habitats met klipperige substrata. <em>Burnupia mooiensis</em> is grootliks in die suidoostelike streke van Noordwes, sentrale streke van Gauteng en die suidwestelike streke van Mpumalanga versprei. In vergelyking hiermee strek die verspreiding van <em>B. capensis </em>en <em>B. stenochorias</em> oor ’n aansienlik wyer gebied. Die 14 spesies van Burnupia is oor 556 verskillende lokusse (0.0625°&lt;sup&gt;2&lt;/sup&gt;) versprei en is derhalwe van die mees wyd verspreide varswaterslakgenusse in Suid-Afrika. In die lig van hul algemene voorkoms, grootliks sessiele, bentiese leefwyse en die feit dat hulle hoofsaaklik op epiliton voed, word aanbeveel dat die uitvoerbaarheid bevestig behoort te word om hulle as indikatorspesies van swaarmetaal-besoedeling in waterliggame in verskillende streke van Suid-Afrika te benut.
ISSN:0254-3486
2222-4173